Die God wat verseker/gerusstel

image_pdfimage_print

Die God wat verseker/gerusstel

 Gideon se reaksie na hy in die Midianiete se kamp was, is om die Here te dank. God gaan voor hom uit. Hy loof Hom. Sy vertroue in God om die oorwinning te gee, spoor hom aan om op te tree. Hy gaan na die kamp en sê: Kom, die Here gee die leër van Midian in ons mag oor. Wat sê dit vir ons van die Christelike lewe?

God is die groot Gerussteller. Hy neem die inisiatief. Gideon moet die vyandelike kamp besoek om hom so vêr te kry om te aanbid, te vertrou en aan te val. God gaan uit sy pad om mense gerus te stel. Die eerste brief van Johannes is geskrywe dat ons Hom kan ken (1 Johannes 2:3). Die Heilige Gees werk in ons om ons te verseker dat ons God se kinders is (Romeine 8:16). As jy iemand lief het, is jy bereid om hulle van jou liefde te verseker – God doen dit ook. God mag risiko’s van ons verwag op pad na sy versekering. Om in die vyand se kamp in te gaan was vir Gideon ‘’n waagstuk. Dit is egter die plek waar God aan hom die versekering gee en vertroue gee; waar God hom lei om Hom te aanbid; en waar God hom tot optrede aanspoor. Jesus sê vir sy dissipels: Gaan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels , maar Hy beloof ook: Ek is by julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld (Matteus 28:19 – 20).

Paulus het hard gewerk om sy gemeentes tot volwassenheid te bring: Daarvoor span ek my ook in en beywer ek my met die krag wat Hy gee en wat kragtig in my werk (Kolossense 1:29). Ons kan vind dat ons nie God se versekering het nie – ons is nie bewus van sy teenwoordigheid nie, want ons doen nooit iets in gehoorsaamheid aan Hom nie of ons waag nie vir Hom nie.

Ons, soos Gideon, moet gedurig verseker word ons het gereeld bevestiging van sy teenwoordigheid, krag en leiding nodig

Ons dink Gidon is swak. Die Engel  het veroorsaak dat Gideon se offer verbrand word, toe volg die twee episodes met die vlieswol en nou die Midianiet se droom voor hy bereid wa om aan te val. Ons moet eers na ons eie geestelike geskiedenis kyk. Dan sien ons dieselfde ding. Hoeveel besluite het ons al geneem om radikaal vir God te leef wat ons nie nagekom het nie? Ons verskil nie baie van Gideon nie. Ons ontspan selde en vertrou op God. Maak nie saak wat God vir ons doen nie, ons bly hardkoppig en leef baie moeilik volgens sy beloftes.

Ons het God se voortdurende gerusstelling nodig; Hy moet ons gedurig daaraan herinner dat Hy met ons is:

  • Hy doen dit eerstens deur sy woord en dikwels vind ons dan dat die Heilige Gees kom en sy beloftes ‘’n werklikheid vir ons maak.
  • God stel ons ook deur ander mense gerus – vriende kan ons bemoedig oor wie ons as God se kinders is.
  • God verseker ons ook deur omstandighede. Gideon was op die regte plek om die gesprek in die kamp van die Midianiete te hoor. Hierdie is nie toevallig nie. God het hom op die regte tyd na die plek gebring sodat hy di gesprek kon hoor.

Hoe weet ons ons is gerusgestel? Rigters 7:15 help ons hierin. Dit is as ons gelei word tot aanbidding en lof van God en tot radikale gehoorsaamheid aan Hom.

 

 

image_pdfimage_print