Die Groot Geloofswoordeboek: Vervulling met die Gees

Die Groot Geloofswoordeboek: Vervulling met die Gees

Vervulling met die Gees In Christus Algehele oorgawe Tweede genadewerk

(*Doop met die Heilige Gees)

Ons lees omtrent ses keer van die vervulling met die Heilige Gees. Dit staan teenoor die *doop met die Heilige Gees wat na die Pink­stergebeure verwys en onherhaalbaar is. Die vervulling met die Gees is duidelik herhaalbaar en selfs ‘n staande opdrag aan die gemeen­te (Hand 2:4; 4:8, 31; 9:17; 13:9; Ef 5:18).