Die implikasies van ‘n opgestane Jesus

image_pdfimage_print

 

I know that I have life only insofar as I have love except it come from Thee.

Help me, please, to carry the candle against the wind.

Wendell Berry,

 

Die implikasies van ‘n opgestane Jesus

Greg Gilbert het onlangs ‘n belangrike boek geskryf: “Why Trust the Bible?” Hierdie is vandag ‘n algemene probleem: Mense vertrou nie meer die Bybel nie. Ek gaan ‘n hele aantal blogs aan hierdie boek spandeer.

 

Ons kan nie net alles ignoreer nie. Dit was van enorme en van ewige betekenis. Dat Jesus opgewek is, kan ons nie met logika of wiskunde bewys nie. Met geskiedenis is dit nie so nie. Geskiedenis is die studie van die ongewone en dit wat nie herhaal word nie. Waarna ons soek is ‘n sterk moontlikheid. Dit kan ons net doen deur al die moontlikhede te ondersoek. Ten spyte van die desperate pogings van geleerdes oor die afgelope twee eeue is daar geen alternatiewe op die tafel nie. As Jesus waarlik opgewek is, is die Bybel die woord van God

 

Tot dusver het ons van die Bybelse dokumente gepraat as historiese dokumente. Ons het gesien met ‘n groot mate van vertroue dat hulle betroubaar is. Maar as ons as Christene sê dat ons die Bybel vertrou, beteken dit nie dat ons dit histories vetrou nie. Ons glo dat dit die woord van God is wat deur die Skepper geïnspireer is. Dit is deur mense geskryf, maar deur God geïnspireer.

 

Hoekom sê Christene al hierdie dinge van die Bybel? Dit is omdat Jesus uit die dood opgewek is. Omdat Hy opgestaan het, glo ons wat Hy sê. Jesus self het die Ou Testament bevestig; Hy het die Nuwe Testamet geïnspireer. Daarom glo ons die Bybel is betroubaar en waar.

 

Vir Christene is Jesus se opstanding baie belangrik. Dit beteken dat almal van ons wat in Christus is net soos Hy uit die dood sal opstaan. Dit beteken God het volledig die offer wat Jesus aan die kruis gebring het, aanvaar. Dit beteken dat Jesus nou heers en sy mense beskerm en vir hulle intree. God het al Jesus se aansprake van wie Hy is, bevestig. Jesus verbind altyd sy opstanding met sy identiteit.

 

 

 

image_pdfimage_print