Die kultuur in die gemeente

Die kultuur in die gemeente

Kerkleiers moet verantwoordelikheid vir die kultuur in hulle gemeente aanvaar. Strategie en struktuur is belangrik, maar kultuur is belangriker. Culture eats strategy for breakfast (Peter Drucker). In ‘n gemeentekultuur gesentreer op die evangelie is daar harmonie tussen teologie, filosofie en praktyk.

Teologie is hoe die gemeente oor God dink. Bedieningsfilosofie is hoe die gemeente oor bediening dink. Praktyk is wat die gemeente doen.

in ‘n gemeente met teenstrydige filosofieë ly aan ‘n persoonlikheidsafwyking. Hierdie verwarring is duidelik sigbaar in die praktyk. Gemeentes moet hulle praktyk ferm verbind aan hulle teologie en filosofie. Nou is jou kalender vol programme, maar sonder enige sin. Die gemeente se praktyk word grootliks deur die konteks bepaal. Jy het dus ‘n groot mate van vryheid solank as die teologiese fondament en die bedieningsfilosofie solied is. Praktyk is belangrik, maar dit is nie die beginpunt nie.

Jesus is die Leier van die kerk, maar Hy gee gawes en gesag aan diegene wat Hy as leiers van die kerk geroep het.