Die leer van die hel (2)

And then she understood the devilish cunning of the enemies’ plan. By mixing a little truth with it they had made their lie far stronger – C. S. Lewis

 Die leer van die hel (2)

J. D. Greear het ‘n blogreeks oor die hel geskryf. Hoekom? Want dit was ‘n onderwerp wat veroorsaak het dat hy amper sy geloof verloor het. Hy sê dat die hel ‘n moeilike werklikheid is, maar dit is iets wat die Bybel ons leer. Ons kan nie vir God en sy wêreld verstaan as ons nie stoei met die leer van die hel nie. Wanneer laas het jy ‘n preek oor die hel gehoor? Daar is soveel verwarring oor hierdie onderwerp dat ek besluit het om na hierdie artikels te kyk.

Die leer van die hel is ‘n apologetiese probleem vir baie Christene. Skeptici sê dat om in hierdie leer te glo, is “moreel verwerplik.” Hulle glo dit maak van God ‘n barbaarse, morele monster. Die besware is ernstig en word luidkeels deur baie mense verkondig. Hier is ‘n paar algemene besware:

  • God is te liefdevol om iemand hel toe te stuur

Om die hel uit te skakel is eintlik ‘n baie eng siening van God se liefde. As ‘n kindermolesteerder by die kerk instap en jy sê vir hom: “Broer, ons het jou lief en aanvaar jou. Sal jy asseblief in ons kinderbediening werk.” Dit is nie liefde nie. Soos ons oor kindermolesteerders voel, so voel God oor ons sonde. Goeie werke in ‘n gesindheid van opstand teen Hom, verag Hy. God kan nie willens en wetens ons aanvaar in ons sondige toestand nie. Hy het ons te lief om toe te laat dat dinge wat ons sal vernietig welig groei.

  • Hel is te ekstreem as straf vir die oortreding

“Die hel is onregverdig. ‘n Oneindige straf kan tog nie reg wees nie.” Wat ons vergeet is dat ons sonde teen ‘n oneindige God was. Die hel is vir ons ‘n baie duidelike stelling oor die grootheid en majesteit van God. As ons die hel verminder, doen ons nie vir God ‘n guns nie – ons verminder sy grootheid. Ons dink die hel is verskriklik, want ons dink nie dat om God se heerlikheid te vertrap so belangrik is nie. Ons glo die middelpunt van die heelal is ons. Dit is nie so nie. Die heelal is die ware God s’n. Alles werk mee vir sy heiligheid.

  • Basies is ek ‘n goeie persoon.

Ons glo dat ons nie werklik hel verdien nie. Ons is oortuig van ons eie geregtigheid en daarom pla God se regverdigheid ons. Die kruis is God se oordeel oor die sondigheid van die wêreld. Eers as ek besef dat die hel my voorland behoort te wees, besef en die omvang van God se genade. Eers as ek besef hoe onwaardig ek is, sien ek die heerlikheid van die kruis raak. Jy kan nie werklik die kruis waardeer voordat jy die hel aanvaar het nie.

Wat is ons gevolgtrekking? God se wysheid is ver bo ons wysheid. As God ‘n werklikheid is, is sy mag en wysheid oneindig. Hy het die heelal gemaak deur woorde. In een vesel van ons DNA is daar genoeg inligting om 500 stelle van die Encyclopedia Britannica  te vul. As God se wysheid so oneindig is, is dit tog logies dat baie daarvan nie vir ons sin sal maak nie. Ons sukkel om in God te glo, want ons praat sonder sin en wonder vir  sy majesteit.

Charles Minster, een van Einstein se studente, skryf oor Einstein se gebrek aan belangstelling in godsdiens:

Die eksklusiwiteit van die Christelike godsdiens is ‘n probleem vir baie. Daarna kyk ons volgende keer.