Die leer van die hel (3)

image_pdfimage_print

“Comfort is the god of our generation, so suffering is seen as a problem to be solved, and not a providence from God.” Matt Chandler

Die leer van die hel (3)

J. D. Greear het ‘n blogreeks oor die hel geskryf. Hoekom? Want dit was ‘n onderwerp wat veroorsaak het dat hy amper sy geloof verloor het. Hy sê dat die hel ‘n moeilike werklikheid is, maar dit is iets wat die Bybel ons leer. Ons kan nie vir God en sy wêreld verstaan as ons nie stoei met die leer van die hel nie. Wanneer laas het jy ‘n preek oor die hel gehoor? Daar is soveel verwarring oor hierdie onderwerp dat ek besluit het om na hierdie artikels te kyk.

Die leer van eksklusiwiteit hou verband met die leer van die hel. As Christene glo ons dat die enigste manier om verlos te word, is deur doelbewuste geloof in Jesus. Hierdie is ‘n baie ongewilde stelling. Baie mense teken beswaar aan hierteen. Hier is ‘n paar besware en moontlike antwoorde daarop.

  • Godsdiens is ‘n saak van persoonlike voorkeur

Baie mense glo dat ons godsdienstige besluite is voorkeure – ons kan nie sê dit is reg en dat verkeerd nie. Die Christelike geloof is gebou op die geskiedkundige aanspraak dat Jesus uit die dood opgestaan het. Of dit gebeur het of nie, maak al die verskil in die wêreld. As Jesus uit die dood opgestaan het, is godsdiens nie ‘n saak van persoonlike voorkeur nie. As Jesus uit die dood opgestaan het, lê Hy die aanloopbaan vir verlossing. Die vraag is dus: Glo jy dat Jesus uit die dood uit opgestaan het? As dit so is, moet ons Hom toelaat op die reëls vir verlossing neer te lê.

 

  • Dit klink nie baie verdraagsaam nie

Vandag word verdraagsaamheid gebruik om te voorkom dat enigeen absolute aansprake van enigiets maak. Elke siening is inherent waardevol en die een is nie beter as die ander een nie. Mense het die reg om van my te verskil en dit is ‘n reg wat ons ten alle koste moet beskerm. Mense moenie gedwing word om te glo wat ek glo nie. Dit beteken verdraagsaamheid vir almal. Ek het die reg om die boodskap wat ek glo God vir my gegee het, te kommunikeer. Die probleem met godsdiens is dat niemand die volle prentjie sien nie. As ons ‘n ander mening hoor, moet ons nie so arrogant wees om sommer te sê dat dit verkeerd is nie. Elkeen sien net ‘n deel van die volle beeld.

Christene erken dat hulle nie die volle beeld self kon uitwerk nie. Christene sê egter dat Een wat  mens geword het, na ons toe gekom het en die hele beeld aan ons geopenbaar het. Al wat ons kan doen, is om dit te glo. Ons kan tog nie spog met iets wat vir ons geopenbaar is omdat ons nie skerp genoeg was om dit self uit te werk nie. Mense wat glo dat Jesus is wie Hy gesê het Hy is, is nie arrogant nie. In werklikheid doen ons afstand van ons voorkeure vir ‘n waarheid wat aan ons geopenbaar is.

  • Dit klink na fundamentalisme

Natuurlik is daar baie mense wat sê dat hulle Christene is wat baie arrogant is. Maar mense wat verlos is, kan nie dit glo nie. Hulle het so ‘n diep gevoel van dankbaarheid vir wat God hulle van verlos het – die hel – dat hulle nederig moet wees. Jesus het meer as enigiemand anders in die Bybel oor die hel gepraat. Hoekom? Liefde – Hy weet wat die werklikheid is en Hy wou ons daarvan red. As hel dan ‘n werklikheid is en ons weet van ‘n manier om dit te ontsnap is dit mos wreed om net stil te bly.

  • Wat van diegene wat nog nooit gehoor het nie?

Hierdie is ‘n ernstige saak.  Ons gaan dit later volledig in ‘n hele blog hanteer.

 

image_pdfimage_print

You may also like...