Die Nuwe Testamentiese Kanon (1)

image_pdfimage_print

Small numbers make no difference to God. There is nothing small if God is in it. —D.L. Moody

 

Die Nuwe Testamentiese Kanon (1)

Michael Kruger het ‘n reeks begin om ons te help om die basiese feite van die Nuwe Testament te verstaan. Hierdie is die soort feite wat jou sal help in ‘n gesprek met ‘n skeptiese persoon. Die eerste feit wat hy stel, is: Die Nuwe Testament is die vroegste Christelike geskrifte beskikbaar.

 

 

Een van die uitdagings waarvoor ons dikwels te staan kom, is om te verduidelik waarom juis die 27 boeke in die Nuwe Testament ingesluit is. Hoekom is hulle uniek? Hoekom is ander boeke nie ook ingesluit nie? Daar is baie antwoorde op daardie vraag, maar ons fokus net op een antwoord in hierdie  spesifieke blog: Datum waarop hulle geskryf is. Hulle is die oudste/vroegste Christelike geskrifte in ons besit – hulle bring ons die naaste aan die historiese Jesus en die vroeë kerk. As ons werklik wil weet hoe die ware vroeë kerk en die gelowiges was, moet ons na die geskrifte wat naaste aan daardie tydperk was, kyk.

 

Dit is veral duidelik as ons na die vier evangelies – Matteus, Markus, Lukas en Johannes – kyk. Hierdie is die enigste vier evangelies wat uit die eerste eeu dateer. Daar is ‘n paar teoloë wat probeer het om die Evangelie van Tomas in daardie tydperk te plaas, maar sonder sukses. As al die stof gaan lê het, erken die kritici dat ons huidige vier evangelies die oudste beskrywings wat ons van Jesus het, is.

 

Daar is ‘n paar kantaantekeninge waarop ons moet let:

  • Daar is verskille oor die datums waarop party Nuwe Testamentiese boeke geskryf is. Daar is selfs kritici wat beweer dat van die boeke vervalsings is wat eers in die tweede eeu na Christus geskryf is. Al aanvaar ons hierdie siening (wat baie min teoloë doen) dan kan ons steeds sê dat die oorgrote meerderheid boeke in die eerste eeu geskryf is. Slegs ‘n paar boeke is onder bespreking.
  • Die eerste brief van Klemens aan die Korintiërs is ook in die eerste eeu geskryf, maar is nie in die kanon ingesluit nie. Dit is waarskynlik geskryf in die tyd toe die kerk deur keiser Domitianus vervolg is – ongeveer 95 nC. Dit is later as die ander Nuwe Testamentiese boeke. Die enigste moontlike uitsondering is Openbaring wat waarskynlik ook in hierdie tyd geskryf is.

 

Hierdie boeke is nie by die kanon ingesluit net omdat hulle in die eerste eeu geskryf is nie. Die 27 boeke is nie deel van die kanon omdat hulle so vroeg geskryf is nie, maar alle boeke wat in die kanon opgeneem is is vroeg geskryf. Ons mag later ander geskrifte ontdek wat ook so vroeg geskrywe is. Die keuse van die 27 boeke was dus nie arbitrêr nie.

image_pdfimage_print

You may also like...