DIE OU ERA IS VERBY EN DIE NUWE ERA BEGIN (1)

DIE OU ERA IS VERBY EN DIE NUWE ERA BEGIN (1) – Jan van der Watt

Alles het verander toe die graf op die derde dag oopgegaan het – die ou era was toe verby en die nuwe era het begin:

  • Die ou era beteken die era waarin die dood nog baas gespeel het. Mense het nie regtig geweet of daar ‘n lewe na die dood is nie. Hulle het gedink dat die einde van elke mens sy fisiese dood was. In die kloue van die dood en doderyk was hy of sy vasgevang.
  • Die nuwe era wat na Jesus se opstanding gekom het, het gewys dat God kragtig genoeg is om sy mense uit die kloue van die dood terug te bring sodat hulle vir ewig by Hom kan wees. Dit het Hy met Jesus bewys.

 

 

deel 1 – Hoe belangrik is die opstanding van Jesus volgens die Bybel?

  • Gaan die gedeeltes deur en kyk wat jy dink eie is aan elke vertelling:
    • :

      ‘n heilige oomblik wat nie beskryf word nie. In die apokriewe boeke word daar wel vertel hoe Jesus met ‘n helder lig uit die graf uitgekom het.

      Daar word verskeie klein opmerkings gemaak om te wys dat Jesus se liggaam nie verwyder is nie, maar dat Hy werklik fisies opgestaan het, soos die doeke wat in die graf gekry is, die soldate wat verskrik na die priesterhoofde toe is (Mat 28:11) en selfs die bonatuurlike verskyning van die engele.

      Die “drie dae” wat Jesus in die graf was, pla mense dikwels. (Jesus is Vrydagmiddag laat begrawe en op Sondagoggend vroeg was hy nie meer daar nie). Volgens hulle berekeninge was hy nie ‘n volle drie dae in die graf nie. Dit hang natuurlik daarvan af hoe ‘n mens dit bereken – die Joodse dag het 6 uur die aand (met sononder) begin. Jesus is Vrydag voor 6 uur begrawe (daarom het hulle so vinnig gemaak om Hom van die kruis af te kry). Die Jode sou dus sê dat hy op Vrydag (dag 1) begrawe is. Die volgende dag (Saterdag, dag 2) het op 6 uur die Saterdagaand geeïndig. Toe het dag 3 (Sondag) begin. Jesus was dus oor drie dae in die graf en nie 3 volle 24-ure nie.

      In die Johannesverhaal kry ons nogal ekstra inligting oor mense wat nie so omvangryk is in die ander Evangelies nie. Nikodemus, Jesus se nagdissipel uit die top kringe van die Joodse raad, word genoem. Die resies (en kompetisie) tussen Petrus en die geliefde dissipel word beskryf, wat waarskynlik dui op so ‘n kompetisie tussen die twee apostels na Jesus se hemelvaart. Maria wil Jesus aan sy voete vashou (Joh 20:17) maar Jesus verbied haar. Die rede is omdat Maria Jesus as mens wil behou en op die stadium nie verstaan het dat Jesus moet opvaar nie. Jesus is nou die opgestane Heer. Johannes klee sy verhaal met ander woorde baie meer teologies in. Dit wys dus vir ons hoe die mense in die ou tyd geskiedenis geskryf het. Die boodskap van die geskiedenis was net so belangrik (en dikwels selfs belangriker) as die gebeure self.

      Volgende keer gaan ons na Paulus se siening oor Jesus se opstanding kyk.

       

      Skrywer: Prof Jan van der Watt