Die regverdige spruit (2)

An honest man speaks the truth, though it may give offence; a vain man, in order that it may. -William Hazlitt, skrywer (1778-1830)

 

Die regverdige spruit  (2)

Conrad Mbewe het onlangs na aanleiding van Jeremia 23:1 – 8 ‘n artikel oor leierskap geskryf. Hier is enkele belangrike idees uit hierdie artikel.

[Ek gebruik Die Boodskap.]

 

God se vasberadenheid

As die leierskap misluk, tree God in en herstel dit. Hoekom? Omdat dit ‘n vernietigende effek op sy mense het. Gewoonlik doen Hy dit deur nuwe leiers te kies wat sy mense op die regte pad sal lei:

 

3Daar is van my mense wat sal oorleef in die lande waarheen Ek hulle verdryf het. Ek sal hulle almal bymekaar­maak,” sê die Here. “Ek sal hulle terugbring na hulle eie land waar hulle gebly het. Hulle sal baie kinders hê en weer baie meer mense word. 4Dan sal Ek nuwe leiers vir hulle gee wat mooi na hulle sal kyk. Hulle sal nooit ooit weer bang hoef te wees nie. My mense sal ook nie weer verneder word nie. Verder sal nie een van hulle wegraak of verdwyn nie.”

 

Drie maal lees ons Ek sal of sal Ek in hierdie twee verse. As leiers nie die werk wat God aan hulle gegee het, doen nie, sal Hy dit self doen – Hy sal weer sy mense bymekaarmaak; Hy sal hulle terugbring na hulle eie land; Hy sal vir hulle nuwe leiers gee. Hy sal sy mense genees en herstel. Vals profete oorleef as gevolg van korrupsie en misleiding – mense volg hulle, maar dit is net vir ‘n kort tydjie.

 

Eli se twee seuns, Hofni en Pinehas, was twee priesters. Onder hulle leiding word die tempel ‘n rowernes. Van nêrens roep God vir Samuel om hulle te verplaas en sy mense in ‘n beter toekoms in te lei.

 

Hoeveel Christelike organisasies is daar wat nie aanvanklik getrou aan God en sy evangelie was nie, maar mettertyd afgedwaal het. God bring nuwe leiers wat weer reg en geregtigheid terugbring.