Die Sanhedrin besluit dat Jesus moet sterwe (11:45-53)

Die Sanhedrin besluit dat Jesus moet sterwe (11:45-53) – Francois Malan

11:45-46 By ‘n aansienlike getal van die Jode wat vir Maria en Marta kom troos het, lei die wonder tot geloof in Jesus. Maar party van hulle bevestig deur hulle optrede dat die wonder nie hulle ongeloof oorwin het nie. Die opwekking van Lasarus wek geloof in Jesus en verset teen Hom, soos in hoofstukke 5 en 9 se wondertekens. Die nuus word aan die Fariseërs oorgedra (soos met die blindgeborene 9:13), wat die proses teen Jesus aan die gang sit, wat tot sy dood sal lei.

11:49-50 Kajafas is as hoëpriester deur die Romeinse goewerneur aangestel , en het die posisie beklee van 18 n.C. tot 36 n.C. toe Pilatus afgesit is. Kajafas is hoëpriester tydens Jesus se kruisiging. Pilatus se voorganger, Gratus het in 15 n.C. vir Annas afgesit, wat vanaf 6 n.C. hoëpriester was. Daarna het Gratus tot 18 n.C. elke jaar ‘n nuwe hoëpriester probeer, tot hy Annas se skoonseun Kajafas gekry het wat met hom saamgewerk het as ‘n marionet van die Romeine, sonder ‘n onafhanklike oordeel. Pilatus het in 26 n.C. by Gratus oorgeneem as goewerneur. (Na Kajafas was twee van Annas se seuns hoëpriester, elkeen net vir 1 jaar).

julle voordeel dat een man vir die volk (laos die verbondsvolk) sou sterwe, en nie die hele nasie (ethnos) uitgewis word nie (vgl. bv. 2 Sam 20:1-22). Die gevaar vir hulle posisie en vir die voortbestaan van die hele Joodse nasie (ook Jode in die verstrooiing dwarsoor die Romeinse ryk) laat geen ander moontlikheid toe nie. Die enkeling se reg is van geen betekenis nie. Daarmee is die beslissing oor Jesus gevel.

11:53 Die besluit is geneem om Jesus dood te maak. Van daardie dag af beplan hulle noukeurig (bouleuoo) hoe om Jesus dood te maak, soek hulle na maniere om hulle besluit uit te voer. Daar sal nie ‘n verhoor wees om sy saak te verhoor nie, Hy is klaar skuldig bevind, sonder verhoor (vgl. Mk 14:1-2).

 

Prof Francois Malan