Die seënuitsprake van Jesus (22)

Die seënuitsprake van Jesus (22)

In die begin van die bergrede lees ons dat Jesus teen die berg opgegaan het, gaan sit het en Hy het hulle geleer:

Geseënd is dié wat geestelik arm is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele.

Geseënd is dié mense wat treur, want hulle sal die aarde erf.

Geseënd is die sagmoediges, want hulle sal die nuwe aarde ontvang.

 Geseënd is dié wat honger en dors na geregtigheid, want hulle sal versadig word.

Geseënd is die barmhartiges, want hulle sal barmhartigheid ontvang..

Geseënd is dié wat suiwer van hart is, want hulle sal God sien.

Geseënd is die vredemakers, want hulle sal kinders van God genoem word.

Geseënd is die mense wat vervolg word ter wille van geregtigheid, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele.

Matteus 5:3 – 10 (Nuwe Testament en psalms , Direkte Vertaling. Bybelgenootskap van Suid-Afrika. (2014).

Colin S. Smith het ‘n baie interessante boek geskryf oor die seënuitsprake van Jesus: Momentum -Pursuing God’s Blessings Trough the Beatitudes (2016).  Die boek sê wat ons kan doen om die momentum in die Christelike lewe wat ons almal soek, te kan kry. Ek gaan ‘n hele paar blogs aan hierdie boek spandeer.

 

Geseënd is die vredemakers, want hulle sal kinders van God genoem word.

Hierdie is die laaste seënuitspraak wat ons moet najaag. Soos ons deur die seënuitsprake gevorder het, het die uitdaging groter geword. Miskien is dit waarom vredemakers so skaars is. Die moeilikste is om ‘n vredemaker in ‘n wêreld van konflik te wees. In Psalm 55 beskryf die psalmis sy hartseer oor die verhoudings tussen God se mense. Sy hartseer is omdat die stryd en geweld nie die gevolg is van die inval van ‘n vyandige leër is nie. Nee, die oorsprong is by God se kinders en die psalmis se eie familie.

 

Konflik in die familie

Dawid het van sy seun gehou, maar hy kon nie vrede met hom maak nie. Absalom kon nie met Dawid versoen word nie. Dawid kon maar net kla oor die breuk in sy eie familie en onder God se mense. Enigeen wie se vetroue verwerp is – in ‘n huwelik of besigheidstransaksie of bediening – weet hoe Dawid moes gevoel het toe sy eie seun hom verwerp het. My vyand het skaars ‘n ooreenkoms gesluit of hy verbreek sy beloftes van trou. Sy tong is gladder as botter, maar daar is oorlog in sy hart; sy woorde is so strelend soos olie, maar hulle is swaarde wat reg is om te steek (Psalm 55:21 – 22). Dawid se reaksie praat met elke gelowige wat die pyn van ‘n verhouding wat verbreek is ondervind: Laat jou sorge aan die Here oor, Hy sal vir jou sorg. Hy sal die regverdige nie in die steek laat nie (Psalm 55:23).

 

Geroep om vrede te soek

Om vrede te maak is nie ‘n opsie vir diegene wat aan Christus behoort nie. Dit is ons roeping. Na die beste van jou vermoë moet jy bydra tot die vrede in jou familie. As die verhouding in jou familie gesond is, moet jy sorg dat dit so bly. Dieselfde geld vir die kerk. As lidmaat van die gemeente waar jy aanbid en dien, moet jy jou deel doen om die eenheid in die gemeente te bewaar, dit is nie ‘n opsie nie, maar jou roeping. Dit geld vir alle verhoudings. Dié wat beraadslaag vir vrede en voorspoed, doen dit met vreugde (Spreuke 12:20). Vredemakers stop nie met planne nie hulle werk hard en volhard in die najaag van God se roeping vir ons.

 

Vrede in jou hart is die gevolg van reinheid van jou lewe.

Die beginpunt vir enigeen wat ‘n vredemaker wil wees., is om vrede in sy eie hart en lewe te hê. Mense wat lewe met onopgeloste konflik in hulle harte, kan nie vrede bring in die lewens van ander nie. Dit lyk asof konflik hulle volg.

Pasop vir mense wat verdeeldheid veroorsaak: Pasop vir dié wat verdeeldheid veroorsaak en mense afvallig maak van die leer wat julle ontvang het. Bly weg van hulle af (Romeine 16:7).

 

Ons het al herhaaldelik beklemtoon dat die een seënuitspraak uit die voorafgaande uitspraak volg. Hierdie een volg dus op: Geseënd is dié wat rein van hart is. Jakobus stel dit so: Maar die wysheid wat van Bo kom, is allereers, sonder bybedoelings, en verder is dit vredeliewend, inskiklik, bedagsaam vol medelye, en groot vrugte, onpartydig, opreg. Hierdie wysheid bring jou in die regte verhouding met God, en jy moet dit gebruik om vrede te maak (Jakobus 3:17 – 18). Vrede in die hart vloei uit ‘n rein lewe. Jakobus ontwikkel hierdie tema as hy vra: Waar kom die stryd vandaan? Hy antwoord die vraag soos volg: Kom dit nie van julle selfsugtige begeertes wat gedurig binne in julle woed nie? (Jakobus 4:1). Veskillende begeentes wat binne in ons woed, lê aan die kern van die verdeelde of onrein mens. Vir die goddeloses is daar geen vrede nie, sê my God (Jesaja 57:21).

 

Volgende keer gaan ons kyk na waarom vredemakers seuns van God genoem word.