Die seënuitsprake van Jesus (3)

image_pdfimage_print

Die seënuitsprake van Jesus (3)

In die begin van die bergrede lees ons dat Jesus teen die berg opgegaan het, gaan sit het en Hy het hulle geleer:

Geseënd is dié wat geestelik arm is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele.

Geseënd is dié mense wat treur, want hulle sal die aarde erf.

Geseënd is die sagmoediges, want hulle sal die nuwe aarde ontvang.

 Geseënd is dié wat honger en dors na geregtigheid, want hulle sal versadig word.

Geseënd is die barmhartiges, want hulle sal barmhartigheid ontvang.

Geseënd is dié wat suiwer van hart is, want hulle sal God sien.

Geseënd is die vredemakers, want hulle sal kinders van God genoem word.

Geseënd is die mense wat vervolg word ter wille van geregtigheid, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele.

Matteus 5:3 – 10 (Nuwe Testament en Psalms , Direkte Vertaling. Bybelgenootskap van Suid-Afrika. (2014).

Colin S. Smith het ‘n baie interessante boek geskryf oor die seënuitsprake van Jesus: Momentum – Pursuing God’s Blessings Trough the Beatitudes (2016).  Die boek sê wat ons kan doen om die momentum in die Christelike lewe wat ons almal soek, te kan kry. Ek gaan ‘n hele paar blogs aan hierdie boek spandeer.

 

As ons begin het om op die pad as Christen te loop, wil ons graag vorder. Hier help die seënuitsprake ons. Daar is ‘n besliste orde in die seënuitsprake – die een vloei uit die ander wat voorafgegaan het. Hulle beskryf nie net ‘n geseënde lewe nie – hulle gee vir ons ‘n padkaart om daar te kom. Die eerste drie uitsprake hanteer ons behoeftes. Ons is geestelik arm, want ons kan nie volgens God se opdragte leef nie. Ons treur, want ons sondes is baie. Ons is nie sagmoedig nie.

Uit hierdie wortels kom die spruit van die  vierde seënuitspraak. – ‘n honger en dors na geregtigheid. God gebruik die wortels om jou eie behoeftes raak te sien vir ‘n diep verlange na geregtigheid. Die loot wat uitspruit dra vrugte. Dit sluit in barmhartigheid, suiwer van hart en vrede. Ons Here gee nog ‘n seënuitspaak: Geseënd is die mense wat vervolg word ter wille van geregtigheid.

 

Dit is duidelik dat jy nie die vrugte kan kry sonder die wortels en spruit/loot nie. Hierdie seënuitsprake se volgorde wys vir ons hoe om vooruitgang in ons Christelike lewens te maak.

Spurgeon het ‘n reeks preke oor die seënuitsprake in 1873 gehou. Hy het ook die belang van die volgorde van die uitsprake beklemtoon.

Observe carefully. And you will see that each one rises above the one that precede it … not only do the Beatitudes rise one above the other, but they spring out of each other, as if each depended on all that went before.

Martyn Lloyd-Jones sê dieselfde:

There is beyond any question, a  definite order in these Beatitudes. Our Lord does not place them in their respective positions haphazardly or accidentally; there is what we may describe as a spiritual logical sequence to be found here.

Baie mense sien hulle egter steeds as ‘n aantal onverwante uitsprake. Hulle is juwele wat nie op ‘n hoop gegooi is nie, maar saamgevoeg is in ‘n pragtige string. Die tema van vooruitgang of vordering is baie belangrik.

 

Ons het hier ‘n praktiese model vir groei in die Christen se lewe, dit is Bybels en prakties

 

 

image_pdfimage_print