Die seënuitsprake van Jesus (4)

image_pdfimage_print

Die seënuitsprake van Jesus (4)

In die begin van die bergrede lees ons dat Jesus teen die berg opgegaan het, gaan sit het en Hy het hulle geleer:

Geseënd is dié wat geestelik arm is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele.

Geseënd is dié mense wat treur, want hulle sal die aarde erf.

 Geseënd is dié wat honger en dors na gergtigheid, want hulle sal vesadig word.

Geseënd is die barmhartiges, want hulle sal barmhartigheid ontvang.

Geseënd is dié wat suiwer van hart is, want hulle sal god sien.

Geseën is die vredemakers, want hulle sal kinders van God genoem word.

Geseënd is die mense wat vervolg word ter wille van geregtigheid, want aan hulle behoort die koninyk van die hemele.

Matteus 5:3 – 10 (Nuwe Testament en psalms , Direkte Vertaling. Bybelgenootskap van Suid-Afrika. (2014).

Colin S. Smith het ‘n baie interessante boek geskryf oor die seënuitsprake van Jesus: Momentum -Pursuing God’s Blessings Trough the Beatitudes (2016).  Die boek sê wat ons kan doen om die momentum in die Christelike lewe wat ons almal soek, te kan kry. Ek gaan ‘n hele paar blogs aan hierdie boek spandeer.

 

Kom ons verander die beeld. Daar is ‘n reeks van sewe ringe wat hang aan ‘n tou vanuit ‘n hoë dak om van die een platform na die ander te kom, moet jy van ring tot ring swaai. Jy klim ‘n platform en die eerste ring is binne jou bereik. Trek dit terug en swaai. Jou momentum neem jou binne bereik van die twede ring. So swaai jy van ring tot ring om die laaste ring te bereik moet jy aan al die voorafgaande ringe vasgehou het. Jy kan nie in die middel begin nie.

 

Die goeie nuus is dat die eerste ring binne jou bereik is. Ons gaan nou na elkeen individueel kyk.

 

image_pdfimage_print