1

Die storie van die evangelie

Grateful law-keeping is the saved sinner’s response to received grace. The rest of our lives are a way of saying, “Thank you.” —Derek Thomas

 

Die storie van die evangelie

The Christian Church confesses that [what the world calls] “myth” is history itself. She recognizes herself by this myth, she recognizes her life, her true reality. She is the witness of witnesses, she recognizes through the Holy Spirit that this is the one really interesting story. Then she turns back the historians’ weapon: She says to them: What you call “myth,” that is history! She will also add: What you call history, that is a myth! A myth, a made-up history, that fancies the fate of man as depending on his earthly vicissitudes, a myth, a made-up history, that confuses the immediate success of a cause with its truth, and so on. —Karl Barth

 

Handelinge open met twee gebeure van groot belang in die verlossingsgeskiedenis: Jesus se hemelvaart en die uitstorting van die Heilige Gees. Jesus se opstanding is die begin van God se nuwe begin – wat die Nuwe Testament “die laaste dae” noem. In Jesus Christus het die toekoms die huidige geïnfiltreer – Christene is ons wat die einde van die tye al beleef (1 Korintiërs 10:11). Die feit dat Jesus na die hemel opgevaar het, beteken nie dat Hy nou afwesig is nie – Hy is steeds teenwoordig, maar nou in ‘n ander vorm.  Ek sal julle nie as weeskinders agterlaat nie; Ek kom weer na julle toe (Johannes 14:18).  Vanaf die pinksterdag kom die Gees van God en woon in elkeen wat bekeer is en in Jesus Christus glo. En omdat ons sy kinders is, het God die Gees van sy Seun in ons harte gestuur, en in ons roep Hy uit: “Abba!” Dit beteken Vader! (Galasiërs 4:6). Dit is die grootste ding wat in enige mens se lewe kan gebeur. Niks sou moontlik gewees het sonder die werking van die Heilige Gees nie. Die Heilige Gees maak ons bewus van ons behoefte aan God, maar plaas ons ook in die regte verhouding met die Vader deur die Seun. Die Gees bemagtig ons ook om elke dag saam met Christus te loop en om te groei in ons liefde vir Hom en vir mekaar.

 

Ons praat nie van selfverbetering nie.  Die mens kan niks tot sy verlossing bydra nie. Versoening is die gevolg van geloof en nie persoonlike meriete nie. Verlossing is die gevolg van wat God eens en vir altyd deur die lewe, dood en opstanding van Jesus Christus gedoen het.  “As long as Christ remains outside of us, and we are separated from him, all that he has suffered and done for the salvation of the human race remains useless and of no value to us” (Calvyn – Institutes 3.1.1.).

 

Die evangelie is persoonlik, maar nooit net ‘n private aangeleentheid nie. Daarom het die vroeë Christene dwarsoor die Romeinse Ryk versprei om die evangelie te verkondig. In die laaste woorde in Handelinge sien ons dat Paulus die evangelie verkondig het met die grootste vrymoedigheid en sonder enige verhindering.  Maar die geskiedenis van die Christendom is nie een van gladde vooruitgang nie. Daar was baie terugslae, maar ook tye van herlewing, hervorming en hernude geloof. Leraars kom en gaan; dwaalleraars kom en gaan; die woord van God bly altyd staan. God het Hom nooit sonder ‘n getuie gelaat nie. Die klippe roep dit uit – die evangelie gaan voort. Sy storie kan nie gestop word nie.