Die Tien Gebooie: Aanbid die regte God op die regte manier

Charles Spurgeon.

Die Tien Gebooie: Aanbid die regte God op die regte manier

(Eksodus 20:4)

 

Die mens aanbid nie alleen vals gode nie, maar probeer voortdurend om nuwe maniere om God te aanbid, te ontdek. Soms is die God wat so aanbid word die God van die Bybel – soms nie. Maar wat is vals aanbidding?

  • . Nou vertel ons vir mense wat ons dink hulle graag wil hoor – hoe God dinge vir ons kan doen en ons behoeftes kan hanteer. Ons openbare aanbidding is dikwels gerig op die verbruiker. As dit ons benadering is, vereis dit voortdurende innovering, want ons is besig om mense te vermaak. Natuurlik is daar aanvaarbare nuwe aanbiddingstyle. Ons kan egter nie blindweg nuwe style aanvaar net soos ons nie blindweg aan tradisie kan vasklou nie. Dit gaan oor die heerlikheid van God en nie oor verbruikersvriendelike kerke nie.
  • . Ek glo dat God vir my bestaan – my geluk en my plesier. Ons kom kerk toe om iets te ontvang en nie te gee nie – ons gee nie lof, danksegging en diens nie. Ons wil passief die gebeure om ons ondervind. God is nie meer die middelpunt van ons bestaan nie. God moet net die vissies en broodjies wat ons vir ons bestaan nodig het, voorsien. Jeremia tree as profeet op vir ‘n volk wat dink dat alles reg verloop. Hy kom en sê dat hulle profete vals verwagtings wek – hulle praat oor visioene wat hulle self uitdink, nie oor wat die Here sê nie (23:16). Later lees ons: Elkeen maak sy eie woorde tot uitspraak van die Here. So verdraai julle die woorde van ons God (vers 36). ons nie ook vir ongelowiges positiewe dinge net om hulle aan te trek nie? Vals gode is waardeloos, maar ook vals godsdiens en vals aanbidding van die ware God.
  • . Die gebruik van ons verbeelding in aanbidding is Godgegewe. Maar ons gebruik dikwels ons verbeelding om ‘n verbruikersvriendelike God te skep. Ons vergeet dat ons geen beheer oor God het nie – ons wil Hom manipuleer, maar dit is nie moontlik nie.
  • . Mense glo dat hulle meer geraak word deur wat hulle sien en ondervind as wat hulle lees en hoor. Die bedoeling is altyd goed – ons wil mense help om God meer doeltreffend te aanbid. Maar sien en ondervind, kan nie die aanhoor van sy woord vervang nie.
  • . Kontekstualisering beteken dat ons die onveranderlike evangelie in ‘n veranderende kultuur inbring. Dit is noodsaaklik, maar oorkontekstualisering is gevaarlik. Ons ontwikkel ons eie menings oor wat vir God aanvaarbaar is. Die uiteinde is dat daar geen verskil tussen die kultuur binne en buite die kerk is nie.

Om verder as God se woord te kyk vir kommunikasie met God is om jou eie aanbidding te skep. Mag ons oor God dink? Beslis, maar dan soos Hy Homself geopenbaar het in die Skrif. Mag ons nadink oor God se karakter en optrede? Beslis, maar dan soos Hy Homself verduidelik het en soos Hy in die geskiedenis opgetree het. Hierdie gebod verbied nie die gebruik van die sintuie nie net so min as wat dit die gebruik van die rede ontmoedig.

Volgende keer kyk ons na die misbruik van God se Naam.