Die vyfde kolom bedreig die kerk van binne

image_pdfimage_print

Life is not measured by the number of breaths we take, but by the moments that take our breath away – Maya Angelou

Die vyfde kolom bedreig die kerk van binne

In 1939, aan die einde van die Spaanse Burgeroorlog staan die rebelleleier, Generaal Mola, buite die mure van Madrid gereeld om die stad in te val. Toe hy gevra is watter van sy vier kolomme eerste die stad gaan binneval antwoord hy: “Die vyfde.” Hy verwys na ‘n groep simpatiseerders  in die stad. Hierdie woorde “vyfde kolom” word sedertdien gebruik vir die beskrywing van ‘n verraaier – iemand wat die vyand van binne help.

Die Skrif waarsku die kerk teen ‘n soortgelyke “vyfde kolom.”  Maar daar was ook vals profete onder die volk, en so sal daar dan ook onder julle vals leraars kom. Hulle sal verderflike dwaalleer insmokkel en die Here wat hulle vrygekoop het, verloën (2 Petrus 2:1). Gedeeltes soos hierdie moet ons op ons hoede stel

. Daar is mense in die kerk wat die Christelike geloof bely en hulleself gelowiges noem, maar in werklikheid is hulle dwaalleraars.

Hoe kan ons hulle uitken? Hulle word gewoonlik gekenmerk deur:

  • Hulle ontken die gesag van die Bybel in alle geloofsake.
  • Hulle vervang die leer van die veranderende krag van die evangelie met een of ander leer.
  • Die belydenis wat hulle beklemtoon lyk baie soos die egte Christelike belydenisskrifte, maar een of meer kernstellings word weggelaat – soos die Drie-eenheid, die Goddelikheid van Jesus, die liggaamlike opstanding van Christus, ens

Oppas vir ‘n vyfde kolom in die kerk.

image_pdfimage_print