Die ware geestelike voedsel en drank (6:52-59)

Die ware geestelike voedsel en drank (6:52-59) – Francois Malan

Die Galileërs mor eers oor Jesus se woorde, en soos die gesprek vorder baklei hulle vir ‘n hele ruk heftig oor sy woorde. Weereens misverstaan hulle Jesus se metafoor om sy ‘liggaam te eet’ letterlik. Met veragting verwys hulle na Hom as ‘hierdie een’.

glo nooit dors word nie. Hier word ‘kom’ en ‘glo’ vervang met ‘eet’ en ‘drink’, en v35 se ‘versadiging’ en ‘dors les’ met ‘besit van die lewe in jou.’ Die voorwerp van geloof is Christus wat sy liggaam en bloed vir die lewe van die wêreld gee. Jesus gebruik die uitdrukking van sy teenstanders in v52 sy ‘liggaam eet’. Met ‘voorwaar, voorwaar’ beklemtoon Jesus die erns van die saak:  Wie nie Jesus se liggaam geëet en sy bloed gedrink het nie, het nou reeds nie  lewe in homself nie.

Jesus se fisiese liggaam en bloed is die ‘ware’ kos en drank, wat die ewige soort lewe moontlik maak. Met sy fisiese liggaam en bloed het Hy aan die kruis die offer gebring vir ons sonde en ons nuwe soort lewe.

Soos die inname van kos en drank ‘n noue verbintenis met die liggaam vorm, is die deelname aan Jesus se liggaam en bloed aan die kruis ‘n metafoor vir ‘n intieme persoonlike verhouding met Hom – die gelowige bly lewe in My en Ek in hom. Die lewe wat die gelowige in homself het (vv53-54), is die inwoning van die Heilige Gees in hom, waardeur Christus met al sy volheid in die gelowige woon. Die liggaam en bloed van Jesus aan die kruis, sy selfofferande, word die fondament van ons lewe, van ons geloof en hoop, van ons denke en ons keuses in ‘n lewe van selfverloëning en liefdesdiens aan ander, so bly ons in Hom.

hierdie ‘Brood’ te eet, tot ‘n intieme persoonlike geloofsverbinding met die gekruisigde Seun van God.

 

Skrywer: Prof Francois Malan