Die wêreld vandag

 

Die wêreld vandag

  • Bid vir families en gemeenskappe wat getref is deur hierdie sinnelose geweld. Bid vir kerke wat hierdie mense wat seergekry het, moet troos en bedien. Bid dat mense nie moed verloor nie. Bid dat Jesus weer kom en hierdie gebroke wêreld weer herstel.
  • Praat oor hierdie gebroke toestand oral om ons. Ons praat van die natuur, maar vandag veral van die mense, strukture en sisteme wat deel is van ons samelewing – dit wat ons glo en die manier waarop ons optree. Los die dwase “positiewe denke godsdiens.” Die wêreld is stukkend en net God kan dit regmaak.
  • Druk jou kinders vas. Dien ander. Ons is ambassadeurs van Jesus Christus in ‘n wêreld wat Hom nie volg nie. Reageer op die kwade deur goed te doen. Ons haat dit om te sien hoe mense ly as gevolg van die bose in hierdie wêreld. Maak ‘n verskil in ander se lewens. Die wêreld het God se kinders wat omgee nodig. Ons kan nie alles regmaak nie, maar ons kan iets doen.