Die wet en/of genade

image_pdfimage_print

O think, that he who was master of all heaven’s majesty came down to be the victim of all man’s misery! —C.H. Spurgeon

Die wet en/of genade

Is daar nog enige sin in die gebooie en opdragte wat God aan Israel gegee het? Dink maar aan die voedselwette in Deuteronomium 14. Sommige van ons kry die Israeliete jammer oor die las wat hulle moes gedra het – niemand kan tog al die wette onderhou nie. Baie voel dat terwyl ons deur genade verlos is die Israeliete deur onderhouding van die wet verlos is. Is dit waar?

 

Die Hervormers het gepraat van drie funksies van die morele wet:

  1. Om die geregtigheid van God te bewys – om mense te veroordeel.
  2. Om burgerlike owerhede te lei om wetteloosheid en ongeregtigheid te bestry.
  3. Om aan gelowiges ‘n riglyn vir die lewe te gee.

Deuteronomium 6:20 – 25 maak dit duidelik: die wet is ‘n genadegawe van God vir die gelowiges sodat hulle presies weet wat Hy van hulle verwag – hulle hoef nie soos die ander nasies te raai of te eksperimenteer om die wil van God vas te stel nie. Gemotiveer deur dankbaarheid en eerbied sal hulle sy gebooie nakom.

As ons die verhouding tussen dade van die mens en genade wil verstaan, moet ons twee uiterstes vermy:

  1. Dat Moses die onderhouding van die wet as die basis vir die verbondsverhouding beskou het.6:21 – 23 het hy dit baie duidelik gemaak dat  Israeliete God se mense is net op grond van die Here se verlossingsoptrede in die verlede. Dit het niks met Israel se meriete te doen nie.
  2. Ons kan nie ‘n verhouding met die Here hê sonder om sy gebooie te gehoorsaam nie.. Moses sê dat as die oorsprong van gehoorsaamheid ware geloof en eerbied is, aanvaar die Here dit en reageer met seën en die lewe. In die afwesigheid van gehoorsaamheid kan ons aanvaar dat geloof afwesig is – die verbondsverhouding is verbreek en die Here reageer met ‘n vloek en die dood.

Ons kan nie God se verlossing verdien nie: Daarom sal geen mens op grond van wetsonderhouding deur God ; vrygespreek word nie … Almal het gesondig en het nie deel aan die heerlikheid van God nie (Romeine 3:20 en 23).

Volgende keer gaan ons kyk na die vraag: Wat beteken die verordeninge en die voorskrifte en die bepalings wat die Here ons God vir u gegee het?

image_pdfimage_print

You may also like...