Die Woord van God in die skepping en die herskepping (Johannes 1:1-5)

Die Woord van God in die skepping en die herskepping (Johannes 1:1-5) – Francois Malan

wese van die Godheid en van die mens. Aan die Griekssprekende wêreld moes Johannes in Grieks verduidelik wie Jesus is, en gebruik hy die taal van die Grieke. Maar vir die Christene was die Woord gelaai met ‘n spesiale betekenis: die goeie nuus van God se openbaring en verlossing deur Christus. Die vier Evangelies bied dit aan as God se woord deur Christus gepraat, oor Christus. Jesus doen God se werk en praat oor God se werk en is self God in sy wese. Wat Hy is en sê en doen is God se woord. Toe Johannes se Evangelie begin praat van die Woord, was dit ‘n begrip wat gevul was met inhoud.

Die lig is aan skyn in die duisternis, wat aan die begin oor die skepping geheers het, toe die Gees van God oor die watermassas gesweef het (Gen 1:2) en in die duisternis van die gevalle mensheid. Die Lig is die heerlikheid van die mensgeworde Woord toe Hy op aarde was. Die heerlikheid van Jesus is sy liefde wat Hy bewys het deur vir ons te sterf, en deur sy oorwinning oor die dood met sy opstanding. Die Lig skyn in die tyd van die Helper/Trooster wat Jesus gestuur het om ons te oortuig en te lei en te versterk tot vandag toe.

Die lewe van Jesus waarvan die Evangelie gaan vertel word in 1:1-5 geplaas teen die agtergrond van sy verhouding tot die ewige God, die Here oor al die eeue, die Skepper van alles, Onderhouer van alles, en Verlosser van alles. Die Woord wat mens geword het, is die bemiddelaar in al God se werke, in skepping en nuwe skepping, en in altwee is Hy die Middelaar van die openbaring van God aan die mens, in wat Hy is en doen.

 

Skrywer: Prof Francois Malan