Dissipelskap: Leer ander deur jou voorbeeld

The purpose of life is not to win. The purpose of life is to grow and to share. When you come to look back on all that you have done in life, you will get more satisfaction from the pleasure you have brought into other people’s lives than you will from the times that you outdid and defeated them.” ~ Harold Kushner

Dissipelskap: Leer ander deur jou voorbeeld

Daar word baie geskryf oor dissipelskap. So byvoorbeeld het twee boeke onlangs verskyn: Follow Me van David Platt en Multiply van Francis Chan. Ook op heelwat blogs word daar geskryf oor hierdie onderwerp. Ek het besluit om ‘n reeks oor dissipelskap te skryf waarin ek gebruik maak van hierdie boeke en verskeie blogs. Die sentrale tema van al hierdie geskryf, is dat ons dissipels is en dat ons dissipels moet maak.

Die slegste ding wat jy kan doen, is om waarhede wat jy self nie uitleef nie aan ander te leer. Dit is vandag ‘n baie algemene kritiek teen die kerk en gelowiges.

Beteken dit nou dat ons eers volmaak moet wees voordat ons kan begin om dissipels te maak? Nee, want dit is ‘n lewenslange proses: Ek is veral ook daarvan oortuig dat God, wat die goeie werk in julle begin het, dit end-uit sal voer en dit sal voleindig op die dag wanneer Christus Jesus kom (Filippense 1:6). Dit beteken wel dat ek toelaat dat God se waarheid my lewe verander. As ons dissipels maak, sien ons hoe mense deur die krag van God se woord verander word. Maar as ons dit in ander wil sien gebeur, moet ek self ook hierdie verandering ondervind.

Volgende keer gaan ons na die rol van die kerk in die maak van dissipels kyk.