Dissipelskap: Neem die eerste stap

image_pdfimage_print

Life is not measured by length but by depth. Birthdays tell us how long we have been on the road, not how far we have travelled. –Vance Havner

Dissipelskap: Neem die eerste stap

Daar word baie geskryf oor dissipelskap. So byvoorbeeld het twee boeke onlangs verskyn: Follow Me van David Platt en Multiply van Francis Chan. Ook op heelwat blogs word daar geskryf oor hierdie onderwerp. Ek het besluit om ‘n reeks oor dissipelskap te skryf waarin ek gebruik maak van hierdie boeke en verskeie blogs. Die sentrale tema van al hierdie geskryf, is dat ons dissipels is en dat ons dissipels moet maak.

 Dissipelmakers kyk anders na mense. Hulle sien dat elke mens na die beeld van God gemaak is. Nou kom Jesus Christus met die bevel dat almal Hom moet volg. God plaas mense in ons lewens sodat ons alles in ons vermoë sal doen om hulle te beïnvloed.

Hy roep my om Hom te volg. Dit beteken outomaties ek moet ander leer om Hom ook te volg.

 Vraag: Wie het Jesus Christus in my lewe geplaas wat ek moet leer om Hom te volg?  God het my geplaas daar waar ek is; die mense om my is nie toevallig daar nie. Jesus Christus se opdrag verwys na  al die nasies. Dit is dus mense binne en buite die kerk; dit is mense soos ons en mense wat van ons verskil. Maar waar moet ek begin? Begin deur ‘n verhouding met hierdie mense te bou.

 Onthou dat jou medegelowiges jou vennote in hierdie taak is. God plaas ons juis binne ‘n geloofsgemeenskap sodat ons deur ons medegelowiges bemoedig en uitgedaag kan word. Leer saam met jou medegelowiges; leer by volwasse gelowiges. Dit help baie as jy mense het om mee te praat – mense wat jou uitdaag. Die mens is nie ontwerp om in isolasie te werk nie.

 Volgende keer gaan ons na die hart van ‘n dissipelmaker kyk

image_pdfimage_print

You may also like...