Een Persoon + God = Oorwinnaar

image_pdfimage_print

When I feed the hungry, they call me a saint. When I ask why people are hungry, they call me a communist. – Helder Camara, aartsbiskop (1909-1999)

 

Een Persoon + God = Oorwinnaar

As daar nou een profeet is wat menslik gesproke alleen gestaan het, was dit Jeremia. God het hom uitgekies om ‘n verskriklike boodskap aan Israel oor te dra. In Jeremia 15:10 – 21 (Die Boodskap) lees ons onder andere: Dit gaan sleg met my! Hoekom het Ma my ooit in die wêreld gebring? Ek is altyd aan die stry en baklei.

Sjoe, dit is kwaai as jy jou geboortedag verwens. Maar, Jeremia het moedig opgetree toe niemand anders dit gedoen het nie.  Jeremia het volhard in sy stryd en staan moedig al word hy mishandel. Hy staan alleen, want selfs sy medeprofete kies teen hom kant. Hy het alle rede gehad om moedeloos te word – te voel asof selfs God hom verlaat het.

 

Wat doen hy? Toe bid ek: “Here, U weet alles. Dink tog aan my en help my”. Ten spyte van al die teenspoed en swaarkry, weet Jeremia waar om hulp te doek – by God. Die wonderlike is dat God hom antwoord (vers 19 – 21). God belowe om hom weer te gebruik, maar dan moet hy:

  • Eers oor homself besin: As jy ophou om onverantwoordelike dinge te sê. In die proses moet Jeremia verseker dat ander mense sy voorbeeld volg –  nie jy hulle voorbeeld nie.
  • Eers oor sy mense – Israel – besin. Hulle is hardkoppig en sal maar moeilik na Jeremia luister.
  • Eers oor die eindresultaat besin. Moenie bekommerd wees nie, Ek sal jou so sterk soos ‘n kopermuur maak. Hulle sal jou nie wen nie. Ek sal jou beskerm en jou red.

 

Soos Jeremia sit ons ook dikwels in sak en as. Ons verwyt God as dinge nie volgens ons wense verloop nie. Dan moet ons gaan sit en sake mooi oordink; ons moet na God toe gaan in gebed. Dan moet ons weer dink aan God se belofte aan Jeremia: Ek sal jou beskerm en jou red. Dit beteken nie dat alle probleme nou gaan verdwyn nie. Jeremia het nog baie swaar in sy lewe gekry, maar hy het geweet dat God hom so sterk soos ‘n kopermuur sal maak. God doen nog steeds dieselfde vir sy kinders.

 

image_pdfimage_print

You may also like...