Ek is besig om te verdrink

 

The child of God should not be overanxious to make new gains; what he essentially requires is to keep what he already has, for not losing is itself a gain. The way to retain what he possesses is to engage it.” ~ Watchman Nee

 

Ek is besig om te verdrink

Perry Noble vertel die volgende verhaal. ‘n Man is besig om te verdrink en kan homself nie red nie.

  • ‘n Bootjie kom verby vol mense wat debatteer of mense wat besig is om te verdrink, voortbestem was om te verdrink en of hulle besig is om te verdrink as gevolg van hulle eie keuses.
  • Nog ‘n bootjie kom verby. Hierdie bootjie was vol mense wat ‘n in-diepte studie doen oor hoe om mense wat besig is om te verdrink te help.
  • ‘n Derde bootjie kom verby vol mense wat met passie bid vir mense wat besig is om te verdrink.
  • Nog ‘n bootjie kom verby. Hulle sien die man wat besig is om te verdrink en sê: “Ons hou van ons bootjie net soos Hy is. As hierdie man in ons bootjie sou kom, gaan hy dinge verander en ons sal aanpassings moet maak. Hulle seil verder.
  • Die vyfde bootjie is vol mense wat vir die man wat besig is om te verdrink skreeu dat hy homself in so ‘n posisie gekry het.
  • Die mense van die sesde bootjie sê vir die man wat besig is om te verdrink dat hulle hom graag sou wou help, maar hy moet homself eers droogmaak en ophou raas, want dit sal die netheid van die boot versteur.
  • Die sewende bootjie kom, stop en red die man wat besig was om te verdrink.

 

Herken jy hierdie sewe bootjies? In watter bootjie is jy?