Ek bly stil

image_pdfimage_print

 

Living in the land of the free has not made us free; we are nation of addicts and complainers. – Eugene Peterson

 

Ek bly stil

As julle stilbly, sal die klippe uitroep (Lukas 19:40)

Sal werk vir kos.” Hierdie is ‘n algemene bordjie in ons strate vandag. Dit lei tot ‘n stryd in ons. “Moet ek nie maar omdraai en vir hom ‘n brood koop nie? Maar ek is laat. Daar is so baie karre op die pad – iemand sal vir hom iets koop.” Dan skielik besef ek dat daar ‘n baie goeie rede is om om te draai en te help. “Hoekom moet ek toelaat dat iemand anders stop en hom help? Om God se liefde vir daardie man te wys is tog nie ‘n las nie – dit is ‘n geleentheid.”

 

Koningin Ester kry ‘n geleentheid – baie meer uitdagend as om vir ‘n man ‘n brood te gee. Haar oom, Mordegai, daag haar uit om haar lewe te waag en om ‘n versoek aan die koning, ‘n onvoorspelbare diktator, te rig. Mordegai trek vir hom rouklere aan en gooi as op sy kop. Hy sê vir Ester: As jy nou swyg en daar kom van ‘n ander kant af uitkoms en redding vir die Jode, sal jy en jou familie omkom. (Ester 4:14).

 

Mordegai besef goed dat God nie vir hom of Ester nodig het om die volk te red nie. Hy besef ook dat om God in ‘n krisis te gehoorsaam ‘n groot geleentheid is om God te verheerlik. God kan sy doelwitte sonder jou  bereik:

  • As jy nie jou kinders van God se woord leer nie, kan hy die onderwysers in die gemeente gebruik.
  • As jy geen vriendskap teenoor jou buurman bewys nie, kan God ‘n ander gelowige in sy lewe bring.
  • As jy nie ‘n groot behoefte hanteer nie, kan God op ‘n ander manier voorsien.

 

Maar in al hierdie gevalle is jy nie deel van die vreugde wat ons ondervind as ons saam met God werk as Hy sy plan uitvoer nie.

 

“If we waste and squander those opportunities, those who come behind us, I think, will hold us in dishonor. In some way we will reap consequences, even though the people of God will be delivered.” Nancy Leigh DeMoss

 

image_pdfimage_print