Ek kan nie bid nie

image_pdfimage_print

blbog150cS / FLICKR

There are times when God asks nothing of his children except silence, patience and tears. —Charles Seymour Robinson

 

Ek kan nie bid nie

Almal van ons het al die ondervindig gehad dat ons gaan kniel, ons oë toemaak, maar nie kan bid nie. Dinge wil net nie vloei nie. Een oplossing is om die Skrif te bid. Goed en wel, maar watter gedeeltes uit die Skrif? Daar is baie gebede in die Bybel. Daar is baie krag in hierdie gebede – net soos daar was toe hulle die eerste keer gebid is. Dit is goed om van hulle te memoriseer en gereeld te bid.

 

Hier is vyf kragtige gebede wat ons in ons stiltetyd kan insluit.

 

  • Moses se gebed: Eksodus 33:13

As U my dan goedgesind is, maak my u wil bekend, sodat ek U kan leer ken en kan doen wat U verwag.

Nadat God byna die Israeliete vernietig het omdat hulle die goue kalf aanbid het, praat Moses met God oor sy posisie as leier. Hy wil graag doen wat God van hom verwag – iets wat vir elke gelowige van groot belang is.

 

  • Paulus bid vir gelowiges: Filippense 1:9 – 11

Ook bid ek dat julle liefde al hoe meer sal toeneem in begrip en fyn aanvoeling, sodat julle die dinge sal kan onderskei waarop dit werklik aankom. Dan sal julle op die dag wanneer Christus kom, onberispelik en sonder blaam wees, en deur Jesus Christus sal julle geheel en al in die regte verhouding met God wees, tot sy lof en eer.

Hierdie is ‘n gebed wat ek ook vir ander gelowiges kan bid – dat hulle liefde sal toeneem. Ek moet net nie van myself vergeet nie.

 

  • Gebed vir leiding: Psalm 51:1 – 8

Vir die koorleier. ’n Psalm van Dawid, na aanleiding daarvan 2dat die profeet Natan na hom toe gekom het oor sy owerspel met Batseba.

3Wees my genadig, o God, in u troue liefde,

wis my oortredings uit in u groot barmhartigheid!

4Was my skoon van my skuld, reinig my van my sonde!

5Ja, my oortredings ken ek en van my sonde bly ek altyd bewus.

6Teen U alleen het ek gesondig, ek het gedoen wat verkeerd is in u oë.

U uitspraak is dus reg en u oordeel regverdig.

7Ek was al skuldig toe ek gebore is, met sonde belaai toe my moeder swanger geword het.

8Maar U verwag opregtheid diep in ’n mens se hart:

laat ek dan diep in my binneste weet hoe U wil dat ek moet lewe.

Hierdie is ‘n kragtige gebed wat verkondig hoe God se karakter, heiligheid en geregtigheid ‘n reguit pad vir ons uitlê.

  • Jona se gebed van danksegging en toewyding: Jona 2:2 – 9

1Daar binne-in die vis het Jona tot die Here, sy God, gebid:

2“Toe ek in die nood was, het ek na die Here geroep. Hy het gehoor ek roep na Hom. Van daar­-onder waar die dooies bly, het ek na Hom geroep om my te help. Hy het dit gehoor. 3U het my in die diepte van die see laat gooi, ek het gesink tot onder op die bodem van die see. Daar was waterstrome reg rondom my, een brander na die ander het oor my gebreek. 4Ek het gedink ek is van U afgesny, ek sal nooit weer by u tempel kan kom nie. 5Reg rondom my was daar water, die water het my vasgevang, seegras het om my kop vasgedraai. 6Ek het gesink tot waar die fondamente van die berge is, ek het afgesak tot waar die hekke vir altyd agter jou toegaan wanneer jy in die plek van die dooies ingaan. Maar U het my van daaronder opgetrek terug na die lewe toe, Here my God. 7Toe ek heeltemal uitgeput was, het ek aan die Here gedink, my gebed het opgestyg tot waar U in u blyplek is. 8Dié wat aan nuttelose afgode vashou, laat die Here los wat vir hulle so lief is. 9Ek sal met ’n danklied op my lippe vir U offers bring, wat ek vir U beloof het, sal ek met graagte vir U gee. Dit is net die Here wat ons kan red.” (Die Boodskap)

Jona onthou God se verlossende liefde en bevestig sy toewyding om Hom te dien.

 

  • Jesus leer ons hoe om te bid: Matteus 6:9 – 13

So moet julle bid: Ons Vader wat in die hemel is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil ook op die aarde geskied net soos in die hemel. Gee ons vadag ons daaglikse brood; en vergeef ons ons oortredings soos ons ook dié vergewe wat teen ons oortree; en laat ons nie in die versoeking kom nie maar verlos ons van die Bose

Welbekend, maar ons moet dit nooit ignoreer nie

 

Hierdie is enkele voorbeelde wat mag help as ek die dag sukkel om te bid.

image_pdfimage_print

You may also like...