Ek kyk na wat ek kortkom

 

Love provides the motive for obeying the commands of the law, but the law provides specific direction for exercising love –  Jerry Bridges

 

Ek kyk na wat ek kortkom

Niks sal jou geloof so dreineer as jy gedurig kyk na wat jy kortkom nie. Hoe meer ek op my gebrek aan hulpbronne, die krag wat ek nie het nie en die swakhede wat ek het, fokus, hoe swaarder word die gewig van ongeloof. As ek kyk na wat ek kortkom, dreineer dit my hoop en blaas my vrees aan.

 

‘n Tekort beteken dat ek nie genoeg het om die betaling te maak nie. Ons waag nie as ons ‘n tekort in die gesig staar nie. As ek egter na ‘n surplus kyk gee dit moed en vul my met hoop. ‘n Surplus beteken daar is meer as genoeg vir my behoeftes. Dit moedig vrygewigheid teenoor ander aan.

 

Aan onsself oorgelaat het ons tekorte. In dié tyd was julle sonder Christus, uitgesluit uit die burgerskap van Israel, ver van God af sonder deel aan die verbonde en die behoeftes wat daarmee saamhang, sonder hoop en sonder God in die wêreld (Efesiërs 2:12). Die goeie nuus is dat as jy ‘n gelowige is jy nie meer tekorte het nie. Christus het jou sondeskuld betaal. Sal Hy ons dan nie al die ander dinge saam met Hom uit genade skenk nie? (Romeine 8:32). Let wel: alle dinge.

 

En my God sal in elke behoefte van julle ryklik voorsien volgens sy wonderbaarlike rykdom in Christus Jesus (Filippense 4:19). Watter wonderlike belofte. Hierdie belofte is nie onvoorwaardelik nie Die voorwaarde is geloof. Ons open die fles van God se voorsiening en sy onuitputlike bankbalans deur geloof. Ongeloof glo die fles is leeg en daarom word dit nie oopgemaak nie.

 

Ons moenie net die waarheid van hierdie beloftes bevestig nie, maar as ons nie bereid is om op te tree nie, sal niks gebeur nie. In sy beloftes wys God vir ons die stoorkamers van sy voorsiening. Geloof is die sleutel wat hierdie stoorkamers oopsluit. God wil hê dat ons sy stoorkamers moet oopmaak. As ‘n mens nie glo nie, is dit onmoontlik om te doen wat God wil. Wie tot God nader, moet glo dat Hy bestaan en dat Hy dié wat Hom soek, beloon (Hebreërs 11:6).

 

Hoe kan ek dan meer geloof kry? As ek moeg en sat is daarvan om ‘n dissipel met ‘n klein geloof te wees, is ek gereed om my eerste treë te gee om te verander. Dit begin as ek ophou om na my tekorte te kyk. Hou op om te kyk na jou tekorte van hulpbronne, wysheid, mag en selfs geloof. Ons tekorte ontmoedig ons. Satan wil nie hê dat ons verder as onsself moet kyk nie; hy wil nie hê dat jy na Jesus en die oorvloedige genade wat Hy vir jou verkry het, moet kyk nie.

 

Kyk na Jesus en Hy wys vir jou hoe jy jou geloof kan vermeerder.

  1. Julle moet julle ook nie gedurig afvra wat julle gaan eet of drink nie, en julle moenie besorg wees nie. Dit is alles dinge waaroor die ongelowiges in die wêreld begaan is, maar julle het ‘n Vader wat weet wat julle nodig het. Beywer julle vir sy koninkryk, dan sal Hy julle ook hierdie dinge gee (Lukas 12:29 – 31). Kyk na die Vader se koninkryk. Maak die prioriteite van die koninkryk jou prioriteite en die Vader sal in elke behoefte van julle voorsien.
  2. Moenie bang wees nie, klein kuddetjie, want dit was die wil van julle Vader om die koninkryk aan julle te gee. Verkoop julle besittings en gee bydraes vir die armes. Skaf vir julle ‘n beurs aan wat nie leeg raak nie, ‘n onuitputlike rykdom in die hemel, waar geen dief dit kan bykom en geen mot dit kan verniel nie. Waar julle skat is, daar sal julle hart oor wees (Lukas 12:32 – 34). Jesus sê dat ons geloof moet beoefen deur ontslae te raak van al die afgode wat ons glo ons sekerheid waarborg.

 

God se belofte is dat as ons dit doen ons Hom sal sien en ons geloof sal toeneem.