As ek weet wie ek is, sal ek ‘n beter Christen wees

image_pdfimage_print

 

The cross of Christ is in itself an offence to the world; let us take heed that we add no offence of our own. —C.H. Spurgeon

 

As ek weet wie ek is, sal ek ‘n beter Christen wees

Om op ‘n reis van selfontdekking te gaan, klink selfsugtig. In die kerk praat ons van ‘n lewe van liefde en diens aan ander – hoe ons ander behandel. Ons praat selde oor onsself. Ons praat nie oor hoe om vas te stel wie ons is nie; oor ons identiteit nie. Is dit nie dalk die rede waarom mense nie so baie van Christene hou nie? Is dit nie dalk weer nodig om na ons reputasie as Christene te kyk nie?

 

Die eerste stap in die verandering van my reputasie is om dit te herken. Christene word dikwels gesien as mense wat altyd ander oordeel, wat maklik aanstoot neem en wat graag hulle oortuigings op ander probeer afdwing. Christene word gesien as mense wat graag raadgee – sonder dat hulle daarvoor gevra word. Natuurlik is alle Christene nie so nie, maar ongelukkig is dit die reputasie wat ons het.

 

Oordeel is dikwels ‘n teken van onsekerheid. Hoekom beskou mense Christene as mense wat graag ander oordeel? Is dit nie dalk omdat hulle onseker is nie? Ons word makliker ontstel as ons onseker is; ons is meer geneig om vir dinge te baklei as ons onseker van onsself is. Mense wat seker van hulleself is, argumenteer nie dikwels nie.

 

Dit is nie maklik om ‘n Christen te wees nie; dit is nie maklik om dit wat jy glo uit te leef nie; dit is moeilik om in ‘n wêreld te leef wat so anders as jy leef. Ons word dikwels vasgevang in die spanning van vryheid, maar ons voel nie vry nie. Dit is hierdie spanning wat lei tot onsekerheid wat die slegste in ons voortbring.

 

Ons hoor dikwels dat ons onsself moet vind – lees net al die selfhelp boeke! As ons meer tyd spandeer aan dit wat ons glo en hoekom; wie God is en wat dit vir ons beteken, sal mense meer van ons as Christene hou. Hoekom?

  1. As ons onsself beter ken, sal ons minder verdedig

As ons vertroue het in wat ons glo, sal ons minder vrees hê dat ons dalk verkeerd mag wees. Dit beteken dat die druk om ander te oortuig van ons geloof is minder.

 

  1. As ons onsself beter ken, kan ons ander help om vertroue te kry

Sekerheid en vertroue is aansteeklik. Dit lei tot vrede. As ons weet wie ons is en daarmee vrede kan maak, versprei ons hierdie vrede na die mense om ons.

 

  1. As ons onsself beter ken, maak ons dit makliker vir ander om met ons te verbind

As ons weet wie ons is en as ons daarmee vrede gemaak het, kan ons kwesbaar teenoor ander wees sonder om te voel dat ons in die proses iets verloor het.

 

Die Christelike stereotipe is nie altyd mooi nie, maar dit hoef nie permanent te wees nie. Deur te ontdek wie ons as individue is en wat ons glo, kan ons werklik ander mense liefhê – dit is nie meer nodig vir ons om onder alle omstandighede reg te wees nie.

 

 

 

 

image_pdfimage_print