Gebore uit die maagd Maria

Gebore uit die maagd Maria

Saam met die bekende teoloog en filosoof Anselmus van Kantelberg vra ons ook: Cur deus homo – waarom die God- Mens? DIe antwoord kry ons in 1 Timoteus 2;5: Daar is mos net een God en daar is net een mens wat ons kan help om by God uit te kom en dit is Christus Jesus. Die doel agter God se menswording is om die werk van God se Middelaar te vervul.

Daar is baie middelaars in die Bybel, maar net een Middelaar (gespel met ‘’n hoofletter M.  ‘’n middelaar is ‘’n agent wat tussen twee partye wat van mekaar vervreemd is, staan – twee partye wat versoening nodig het.

Jesus Christus is die Middelaar tussen God ’n die gevalle mensdom. Hy is inderdaad die God-Mens. In Johannes lees ons: Die Woord was by God en die Woord was God … Jesus het toe as mens aarde toe gekom. ‘’n Mens kan sê Hy het onder ons kom huis opsit. Ons het gesien hoe belangrik en wonderlik Hy is. Hy was soos ‘’n fontein van die goeie dinge wat God vir ons so onverdiend wil gee. By Hom kon ons ontdek wat regtig waar en eg is (Joahnnes 1 en 14

As Christus ons volmaakte Middelaar is, was sy menswording nie ‘n eenheid tussen god en ’n engel nie. Die versoening wat nodig was, was tussen god en die mens. In sy rol as Middelaar aanvaar Jesus die amp van die tweede Adam – of die laaste Adam. In sy brief aan die Romeine stel Paulus die eerste Adam tenoor die tweede Adam. Hy gaan dan verder: As slegs een persoon se sonde in staat was om miljoene mense in die dood te dompel, dink net wat God kan regkry deur een Man, Jesus Christus. Omdat God so baie vir ons omgee, het Hy hierdie Man na ons toe gestuur om ons vry te kom maak. Jesus Christus is die sigbare bewys van God se ongelooflike goedheid (Romeine 5;15). Hier sien ons die teenstelling tussen die ramp wat oor die mensdom gekom het as gevolg van die ongehoorsaamheid van die oorspronklike Adam en die heerlikheid wat na gelowiges kom as gevolg van Christus se gehoorsaamheid. Paulus gaan vêrder: Een man se ongehoorsaamheid aan God het ons status in ‘’n oogwink tot dié van sondaars verlaag. Maar ‘’n ander Man se gehoorsaamheid aan God verander ons status in ‘’n oogwink tot dié van vrygespreektes (Romeine 5:19). Adan tree op as middelaar, maar hy misluk in sy taak. Sy mislukking word reggestel dur die volmaakte sukses van Jesus Christus. In die Skrif staan daar dat die eerste mens, Adam, ‘’n lewende mens geword het. Maar die laaste Adam, dit is Christus, is die Gees at mense geestelik lewendig maak.  Ons word dus eers met ons gewone aardse liggame gebore. Die geestelike liggaam kry ons eers later … aanvanklik was ons almal aards soos Adam, maar in die toekoms sal ons lyk soos Christus wat uit die hemel gekom het (1 Korintiërs 15: 45 – 49)

Ons sien duidelik die doel van Christus se menswording. Die Woord het mens geword om ons versoening te bewerk deur die rol van die volmaakte Middelaar tussen God en die mens te speel. Die nuwe Adam is ons verteenwoordiger wat die eise van God se wet vir ons bevredig en verkry so vir ons die seëninge wat God beloof het aan sy skepsels as hulle die wet onderhou. Soos Adam het ons nie daarin geslaag om die wet te onderhou nie, maar die nuwe Adam, ons Middelaar het die wet volkome vir ons onderhou. So wen Hy vir ons die kroon van verlossing. Dit is die fondament vir die vreugde van Jesus se menswording.