Gebruike en Gewoontes in die Bybel: Kleredrag(1)

Gebruike en Gewoontes in die Bybel: Kleredrag(1) – Hennie Stander

Die lendedoek

wat.om die heupe gedraai is en die lyf was kaal. Dit was egter die algemene drag wanneer swaar handearbeid verrig moes word. Petrus het byvoorbeeld heel waarskynlik so ‘n lendedoek of onderkleed gedra toe hy “naak” was of sy klere uitgetrek het om in die familie se vissersboot to werk (Johannes 21:7). Met sy bokleed aan sou hy minder vryheid van beweging gehad het. Ons lees ook van ‘n jongman wat slegs so n lendedoek om sy naakte lyf aangehad het toe Jesus gevange  geneem is. Hy het dit egter laat val en nakend weggevlug (Markus 14:51). In teenstelling met moderne voorstellings van die kruisiging van Jesus, het Hy waarskynlik heeltemal nakend aan die kruis gehang omdat ons lees dat die soldate al sy klere uitgetrek het (Johannes 19:23). Dit was die gebruik dat die soldate al die klere wat ‘n veroordeelde aangehad het vir hulle geneem het as hulle die kruisiging voltrek het.

Die onderkleed (of lyfrok)

in die eindproduk. Hierdie onderkleed het nogal baie na ‘n sak gelyk. ‘n V-vorminge opening is vir die kop ingesny en in die twee hoeke is daar snitte gemaak waardeur die arms kon steek. Die. onderkleed is van wol, linne of selfs van katoen gemaak, afhangende van hoe ryk die persoon was wat dit gedra het. ‘n Lyfrok (= onderkleed) wat van saklinne of van bokhaar gemaak was, was baie ongemaklik omdat dit velirritasie tot gevolg gehad het. Dit is dus in tye van roubeklag en boetedoening gedra. Die onderkleed van mans was gewoonlik kort en kleurvol; die van vrouens weer het tot op die enkels gehang en het versierde some rondom die kante van die V-nek gehad.

 

Die onderkleed wat Jesus gedra het, was egter sonder ‘n soom in die middel (Johannes 19:23). Dit is as een stuk geweef en is nie in die middel aanmekaar vasgewerk nie. Dit was dus blykbaar ‘n redelike waardevolle kleed. Miskien het van Jesus se volgelinge hom met so ‘n kleed vereer. Dit is dus te verstaan dat die soldate oor Jesus se kleed die lot gewerp het. Josefus, ‘n Joodse historikus wat omtrent dieselfde tyd as Jesus geleef het, vertel vir ons dat die hoëpriesters altyd so ‘n kleed gedra het. Die dertig “linnehemde” wat Simson beloof het om te gee aan diegene wat sy raaisel korrek kon beantwoord, was waarskynlik soortgelyk aan hierdie onderkleed (Rigters 14:12 ev). Die mense van die Bybelse tye het nie spesiale klere, soos nagklere, gehad waarin hul geslaap het nie. Hulle het net hul gordel losgemaak en elkeen het dan in sy of haar onderkleed gaan slaap, en as dit warm was, het hulle sonder klere geslaap.

Dit is egter baie belangrik dat ons duidelik sal verstaan wat ons met elke termonderkleed die onderlyf bedek het en die bokleed weer die bolyf nie. Met onderkleed word bedoel dat dit onder die bokleed gedra is. Maar nog belangriker, ons moet nie die onderkleed met onderklere probeer gelykstel nie. Dit sou ‘n heeltemal verkeerde begrip wees aangesien dit in die Bybelse tyd heeltemal betaamlik was om net met jou onderkleed ‘aan in die openbaar te verskyn.

 

Prof Hennie Stander