Geestelike dissiplines: Wat kan ons verwag?

image_pdfimage_print

 

Little things are indeed little, but to be faithful in little things is a great thing – Moeder Teresa

 

Geestelike dissiplines: Wat kan ons verwag?

Wat is dit? Wat bereik hulle? Watter dissiplines is die belangrikste? Wat kan ons van die geestelike dissiplines verwag? Barry Jones (Dwell: Life with God for the World) vang hierdie vrae saam. Hier is ‘n paar punte van belang:

Of ons nou in ‘n afgeleë klooster of in die middestad of iewers tussen-in woon, ons het ‘n stel praktyke en patrone nodig om te lewe – ‘n reël vir die lewe:

  • Wat ons lewe vir God sal vorm en onderhou;
  • Ons het praktyke nodig wat ons siele voed en ons in staat sal stel om die visie van God toenemend in die plekke waar ons woon uit te leef – die storie van God se persoonlike teenwoordigheid, regverdige heerskappy en volkome vrede;
  • Hierdie praktyke sal iets van ons vereis – ons aandag en betrokkenheid;
  • Hierdie praktyke sal ons aan mekaar verbind; hulle sal ons help om as gemmenskap saam te leef – teen die wêreld ter wille van die wêreld;
  • Hierdie praktyke sal ons aan tradisie verbind, want hulle het reeds vir eeue lank die Christelike verlede gevorm en onderhou; en
  • Hierdie praktyke sal ons ten opsigte van die toekoms oriënteer.

 

Om hierdie dissiplines doeltreffend te gebruik noem Jones vyf elemente:

  • Aandag
  • Ontvanklikheid
  • Gemeenskap
  • Ritme
  • Internalisering

 

image_pdfimage_print