Geestelike ontwaking

 

Whoever reads the gospel with a single eye, and sincere intentions, will find, that our blessed Lord took all opportunities of reminding his disciples that His Kingdom was not of this world; that His doctrine was a doctrine of the Cross; and that their professing themselves to be His followers, would call them to a constant state of voluntary suffering and self-denial. – George Whitefield

 

Geestelike ontwaking

Mense se reis na God kom nogal ooreen. Hoe mense die reis begin en wat hulle motiveer om die reis aan te pak, mag verskil, maar die stadia waardeur hulle gaan is verbasend dieselfde. Hierdie stadia toon nogal ooreenkomste met die gelykenis van die verlore seun. Hierdie stadia kan ook ontwakings genoem word.

  1. Ontwaking tot ‘n verlange

Mense voel daar moet iets meer aan hierdie lewe wees as wat hulle tans beleef. Almal voel die verlange na liefde, doel en betekenis. Dit is die soeke om hierdie basiese verlangens te bevredig wat ons op ‘n reis stuur. Ons besef nie altyd dat hierdie verlangens van God kom nie. Daarom probeer ons weghardloop van God.

 

  1. Ontwaking tot berou

As ons daardie verlangens sonder God najaag bevind ons onsself alleen, rigtingloos en verward. Ons val vas. Om God-gegewe verlangens buite God na te jaag lei tot optrede wat lei tot meer berou.

 

  1. Ontwaking tot hulp

Op een of ander stadium besef ons dat iets moet verander. Dan besef ons dat ons dit nie op ons eie kan doen nie. Ons besef dat ons hulp nodig het.

 

  1. Ontwaking tot liefde

Op ‘n stadium besef ons dat Jesus ons na God toe terug lei. As ons by God terug kom, word ons deur genade oorlaai. Ons ontdek dat God ons werklik liefhet. Soms is ons skaam of het ons skuldgevoelens en sukkel om te glo dat God ons liefhet en aanvaar net soos ons is.

 

  1. Ontwaking tot die lewe.

Nou ontdek ons dat deur Jesus te volg het ons lewe. Ons het nou die lewe wat ons veronderstel is om te leef – die ewige lewe. Nou besef ons dat dit werklik lewe is.

 

As ons hierdie vyf ontwakings verstaan, maak ons reis na God toe vir ons sin.