God het ‘n gesig

image_pdfimage_print

God het ‘n gesig

Die Woord het mens geword en onder ons kom woon. Ons het sy heerlikheid gsien, die heerlikheid wat Hy as die enigste Seun van die Vader het, vol genade en waarheid (Johannes 1:14).

Max Lucado skryf: The celebration of Advent is possible only to those who are troubled in soul, who know themselves to be poor and imperfect, and who look forward to something greater to come.

 

Kersfees is ‘n tyd van tradisies. Die kinders sien  Kersvader om elke draai, in elke winkel en winkelsentrum hierdie tyd.. Kersfees kan ook ‘n seisoen van hartseer wees – hoop wat verlore is en teleurstellings. Hoekom het God so ver gegaan om sy eie Seun aarde toe te stuur. Hy wil hê dat ons sy liefde verstaan.

 

Deur ‘n skandalige swangerskap, ‘n sensusopname,, ‘n ontydige reis, ‘n oorvol herberg triomfeer God in Maria se storie. Alles verander egter as ons die gesig van God sien. God word een van ons en daarom ken Hy ons.

 

As die Koning die wêreld van diere, skaapwagters en toegewikkelde klere binnekom, is Hy mos gewillig om ook jou lewe binne te kom.

 

Watter tradisie rondom Kesfees geniet jy die meeste. Hoe dra dit by om dit soos Kersfees te laat voel? Vir eeue reeds gebruik Christene deur die wêreld die Advent-seisoen om hulleself geestelik vir Kersfees voor te berei. Adavent (Latyn = adventus – beteken letterlik koms of aankoms.) begin op die vierde Sondag voor Kersfees. Advent

herdenk die eerste Advent – Jesus se geboorte en antisipeer die tweede advent – Jesus se wederkoms. Ons dink aan Advent as ‘n seisoen van feesviering. Oorspronklik was dit gesien as ‘n seisoen van voorbereiding – ‘n tyd vir gebed en selfondersoek.

 

Advent is ‘n seisoen van voorbereiding en ook ‘m seisoen van afwagting. Johannes 1:14 verkondig die wonderlike warheid van God se menswording – God met ons in menslike vorm. Omdat God mens geword het, kan ons God sien en ken in die persoon van Jesus. Ons kan ook verrou dat God ons ken. Hy weet hoe ons voel, want Hy het ook ondervind wat ons ondervind – insluitend versoekings en lyding.

 

Jesus kon gekies het om anders te wees: ‘n onoorwinlike man met senuwees van staal of ‘n kwesbare man – sensitief. Hy kies egter om ‘n kwesbare man te wees.

 

Die Kersverhaal is veral relevant vir mense wat hulleself in ‘n tyd van hartseer, verlore hoop of teleurstelling beevind soos jy hierdie weke wat lei na Kersfeed beleef, watter hoop en verwagtings het jy? Ten spyte van die chaos en swaarkry in Maria se lewe het Jesus gekom. Die seisoen wat na sy geboorte gelei het, was nie waarvoor sy gehoop het nie, maar dit was ‘n wonderteken. Op die mees onverwagte tyd en plek, sien Maria die gesig van God. As jy jou hoop en die werklikhede voor jou oorweeg, hoe reageer jy op die idee, dat soos Maris, jou omstandighede die begin van ‘n wonderteken mag wees. – ‘n geleentheid waar jy binnekort die gesig van God mag sien.

 

Isaac Watts skryf in sy Kerslied “Joy to the world” hierdie woorde: Let every heart prepare Him room. Dit is wat Advent veronderstel is om vir ons te doen. Dit is ‘n seisoen van voorbereiding en afwagting – ons moet ons harte en lewens gereed kry vir die aankoms van die Koning. Ongelukkig gaan die tyd vir geestelike voorbereiding dikwels verlore in besig wees en die druk van die vakansie seisoen. Dit gaan meer oor die voorbereiding van ons huise as van ons lewens; meer ‘n tyd van koop as van gebed; ‘n tyd van feesvier in plaas van ‘n dag van vas ter voorbereiding van die groot fees. Soos die Bybelse herbergier kom ons by Kersfees met geen plek in ons lewens vir geestelike herlewing nie.

 

Die vraag wat Advent van ons vra, is: Hoe gereed is jy vir die aankoms van die Koning? Hier is ‘n aantal stellings. Watter impak het hulle op jou tydens Advent:

1.     Fisies: Tydens Advent voldoen ek aan my liggaam se behoeftes van rus, oefening, voeding, medieseversorging, ens?

2.     Verhoudings: Tydens Advent kan ek gereeld liefde gee en ontvang; behou ek gesonde grense; is ek ingestel op die behoeftes en bekommernisse van ander?

3.     Emosioneel: tydens Advent kan ek my gevoelens uitdruk; stres hanteer, en perspektief behou as dinge nie gaan soos ek dit wil hê nie?

4.     Pas van die lewe: Tydens Advent het ek voldoende tyd om take af te handel; om tyd te hê om veranderende eise te hanteer en tyd om mense en aktiwiteite wat vir my vreugde bring, te geniet?

5.     Finansieel; tydens Advent vermy ek skuld; is ek vrygewig en wys in bespraing?

6.     Geestelik: tydens Advent rus ek voortdurend in God, spandeer ek tyd sam met Hom; reageer ek op sy leiding; groei my liefde vir Hom en ontvang ek sy liefde?

Watter van bogenoemde ses gebiede word tydens Advent afgeskep. Van watter dinge moet jy afstand doen om ruimte vir God te maak.

 

Tydens Advent vra elke dag vir jou hierdie twee vrae:

1.     Here, op watter manier het ek vir U plek gemaak in my lewe en my hart?

2.     Here, waaar het ek gefaal om vir U plek te maak in my lewe en my hart?

Ons maak plek vir Christus as ons Hom kies en in elke oomblik verwelkom. Ons faal om vir Hom plek te maak as ons iets anders bo Hom verkies.

 

Hierdie stuk kom uit MAX Lucado se Because of Bethlehem (2016). Volgende week kyk ons na “Aanbidding werk Wonders.”

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 
 
 

 

image_pdfimage_print