God het van oordeel gepraat (5)

 

 “Doubt is not always a sign that a man is wrong; it may be a sign that he is thinking.” – Oswald Chambers

 

God het van oordeel gepraat (5)

God het sy heerlikheid aan Jesaja geopenbaar.  Hy het op ‘n baie hoë troon gesit, en die onderste van sy kleed het die tempel gevul … Die serafs het mekaar telkens toegeroep: “ Heilig, heilig, heilig is die Here die Almagtige! Die hele aarde is vol van sy magtige teenwoordigheid (6:1, 3). God is heilig ver bo alles wat verkeerd en vals is in hierdie wêreld. Toe Jesaja God se heiligheid sien, roep hy uit: Dit is klaar met my! Ek is verlore! Elke woord oor my lippe is onrein, en ek woon onder ‘n volk van wie elke woord onrein is. En nou het ek die Koning gesien, die Here die Almagtige (6:5). Maar Jesaja het besef dat God hom gered het deur sy oortredinge   te vergewe, jou sonde te versoen (6:7).

 

Almal van ons bereik nie God se standaard vir heiligheid nie. Daar is nie een wat regverdig is nie, selfs nie een nie (Romeine 3:10). Almal wat die wêreldse dinge bo God liefhet maak hulleself vyande van God. As iemand die wêreld liefhet, is die Vader se liefde nie in hom nie (1 Johannes 2:15).

 

In Matteus 7:13 – 14 beskryf Jesus twee paaie. Hoe dwaas om te dink dat ons nie saam met baie mense op die breë pad kan loop nie. Hoe dwaas om te dink as ons op die breë pad loop ons dalk gelukkig sal wees om deur die nou poort in te gaan. Nee, ons moet ernstig na God se pad soek. Span al julle kragte in om by die smal deur in te gaan. Baie, verseker Ek julle, sal probeer om in te gaan, maar sal dit nie regkry nie (Lukas 13:24). In Handelinge 17 lees ons van die mense van Berea: Hulle het met groot belangstelling na die woord geluister en elke dag die Skrif ondersoek om te sien of dit is soos Paulus sê (17:11).

 

Soos die mense van Berea moet ons ernstig God se pad soek. Dit is verskriklik om in die hande van die lewende God te val (Hebreërs 10:31). God is volkome rein, eerlik en heilig. Hy kan nie leuens verdra nie God se geregtigheid kan nie opstand teen Hom ongestraf laat bly nie. God het gewaarsku dat daar ‘n finale en volle oordeel sal wees. Dit is nie ‘n leë dreigement nie – ons moet dit ernstig opneem.