God se woord is finaal

image_pdfimage_print

There is more to be learned at the foot of the cross than anywhere else in the world. —J.C. Ryle

God se woord is finaal

Kevin deYoung (Taking God at His word, 2014) het ‘n boek oor God se woord vir die mense van vandag geskryf. Ons gaan ‘n hele aantal blogs aan hierdie boek spandeer.

 

In Handelinge 17:1 – 15 lees ons van Paulus se besoeke aan Tessalonika en Berea. Die twee episodes het baie in gemeen:

  • In beide begin Paulus sy werk in die sinagoge.
  • In beide word God se woord verkondig en daar word oor die Skrif geredeneer.
  • Tweespalt ontstaan, want  sommige word oortuig en sluit hulle by Paulus aan, terwyl ander sy boodskap verwerp.

Maar daar is ook ‘n groot kontras tussen die twee:

Tessalonika

Hulle oordeel die boodskap van Paulus op grond van hulle persoonlike vooroordele. Die Jode was afgunstig omdat ‘n groot aantal Jode, Grieke en ‘n aansienlike getal vooraanstaande vroue het ook nog bygekom.

Dit gebeur steeds dat mense God se woord verwerp vir onaanvaarbare redes: die musiek is te hard/sag; die gemeente is te groot/klein; die leraar trek nie reg aan nie; hulle het vantevore ‘n Christen geken waarvan hulle niks gehou het nie … Soms verwerp ons God se woord, want ons wil nie doen wat dit sê nie.

Die Tessalonisense kla omdat die Christene die wêreld omkrap. Daarom sleep hulle ‘n paar gelowiges na die stadsbestuur toe. Mense met allerhande vooroordele val ander aan in plaas daarvan dat hulle logies met mekaar redeneer. Die gelowiges word daarvan beskuldig  dat hulle die hele wêreld in beroering bring, dat hulle beweer dat daar ‘n ander koning as die keiser is.

Hulle is oortuig van hulle saak en loop ongeveer 60km na Berea om die mense daar teen Paulus op te sweep. Hulle oorweeg nie eers die aansprake van die Christene nie. Hulle doel is om die Christelike geloof uit te roei. Die tragedie is dat ons steeds mense kry wat die Christelike geloof wil vernietig, maar dit doen sonder om eers die Bybel te bestudeer.

Berea

Hulle gesindheid verskil radikaal van dié van die Tessalonisense: Hulle het met groot belangstelling na die woord geluister en elke dag die Skrif ondersoek om te sien of dit is soos Paulus sê.  Ondersoek ons nog die Bybel om die waarheid daarin te ontdek? Aanvaar ons net dinge as dit deur die Skrif ondersteun word?

Wat is die implikasie van hierdie benadering? As die Skrif dit sê, glo hulle dit, maar as die Skrif dit nie bevestig nie, glo hulle dit nie. Die Skrif het die laaste sê. Hulle het geen ander woord nodig as die Skrif dit gesê het nie.

 Volgende keer kyk ons na die gesag van God se woord.

image_pdfimage_print

You may also like...