God se woord lei tot gehoorsaamheid

 

I have come to the frightening conclusion that I am the decisive element. It is my personal approach that creates the climate. It is my daily mood that makes the weather – Goethe

 

God se woord lei tot gehoorsaamheid

God se woord het deur die profeet Haggai na die volk gekom. Die mense het dit gehoor en gehoorsaam gereageer. In Haggai 1:12 sien ons dat die hoëpriester en goewerneur die eerste was om te reageer. Toe reageer die hele volk. Dit alles is die gevolg van een gebeurtenis: die verkondiging van God se woord. Ons sien hier twee betekenisvolle fases:

  • Hulle het ter harte geneem wat die Here hulle God gesê het. God het gepraat en hulle het gereageer. Hoe het God gepraat? Deur sy profet Haggai.
  • Hulle het vir Haggai gehoorsaam, want Hy het in opdrag van die Here hulle God gepraat.

 

Hierdie vers vertel vir ons drie belangrike werklikhede van God se woord en ons gehoorsaamheid:

  • God se woord is kragtig en doeltreffend. Die woord van God is lewend en kragtig. Dit is skerper as enige swaard met twee snykante en dring deur selfs tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg. Dit beoordeel die bedoelings en gedagtes van die hart (Hebreërs 4:12). God se woord sny deur die chaos in ons harte, sê vir ons wat sy wil is en dwing ons om te gehoorsaam. Ons moet God se woord vertrou en sy woord se gesag in ons lewens erken.
  • Hierdie vers herinner ons dat God se woord dikwels na ons toe kom deur ‘n leraar of ander gelowige. God se woord is kragtig, maar sy verkose manier om dit oor te dra, is dikwels deur ’n ander gelowige.
  • Leierskap is belangrik. Hier sien ons dat Serubbabel seun van Sealtiël (die goewerneur) en die hoëpriester Jesua die woorde van God ter harte geneem het. Goeie leiers lei deur hulle voorbeeld van nederigheid  en gehoorsaamheid aan God se woord.

 

Glo ons nog hierdie werklikhede van God se woord?