Hanteer twyfel

image_pdfimage_print

What I need first of all is not exhortation but the gospel, not directions for saving myself but knowledge of how God has saved me – Gresham Machen

 

Hanteer twyfel

Dit is tydens tye van swaarkry, twyfel en beproewing wat dit wat ons oor God glo, geopenbaar word. Hoe kan ‘n Christen geloof kry in tye van twyfel? Hoe kan hulle op God vertrou as dit lyk asof hulle lewens buite beheer is, as dit lyk asof ons gebede nie beantwoord word nie? Dan kom allerhande vrae na vore. Is God goed/oppermagtig: Gee Hy om? Randy Alcorn sê dat dit in tye soos hierdie is dat ons weer ons wêreldsiening in lyn met God se woord moet bring.

 

Die fondament waarop ons geloof gebou is, is die oppermag van God. Ons weet dat God alles laat meewerk vir dié wat Hom liefhet (Romeine 8:28). Alles staan onder God se beheer. Niks gebeur sonder sy leiding nie – ook lyding en swaarkry. Deur Christus het ons deel geword van die volk van God soos Hy dit vooruit al bestem het. So het Hy Hom dit voorgeneem, Hy wat alles laat gebeur volgens sy raadsbesluit (Efesiërs 1:11). Alles is alles. ‘n Oppermagtige God bereik sy doel selfs te midde van pynlike en tragiese gebeure.

 

Lyding en swaarkry kan ons nader aan God trek of verder wegstoot. Just as the small fire is extinguished by the storm whereas a large fire is enhanced by it, likewise a weak faith is weakened by predicaments and catastrophes whereas a strong faith is strengthened by them (Viktor Frankl). Ware geloof in ‘n oppermagtige God, kan sterkte put uit swaarkry. Geloof beteken dat ek glo dat God goed is en al sien ons dit nie nou raak nie, sal ons eendag as ons terugkyk duidelik God se oppermag en goedheid sien.

 

As ons twyfel, belowe God om ons nooit te verlaat nie. Om God te vertrou, is ‘n geloofsaak. Geloof word net gevestig en onderhou deur gereelde blootstelling aan die waarheid en ons toepassing van daardie waarheid in ons lewens. Daarom is dit noodsaaklik om tyd in God se woord te spandeer en om deel van ‘n geloofsgemeenskap te wees. As ons geloof op die waarheid gebou is, sal ons staande bly – selfs in tye van twyfel.

 

As jy deur die water  moet gaan, is Ek by jou, deur riviere, hulle sal jou nie wegspoel nie; as jy deur vuur moet gaan, sal dit jou nie skroei nie, die vlamme sal jou nie brand nie (Jesaja 43:2). Hy ken my pad; as Hy my toets, is ek suiwer soos goud (Job 23:10). In hierdie wêreld van swaarkry het ek hoop en geloof vir die toekoms, nie omdat ek ‘n stel reëls volg nie, maar omdat ek ‘n Persoon ken. Hy het my hele lewe getransformeer – Hy het my ‘n nuwe hart gegee.

 

 

image_pdfimage_print