Het ons ons godsdiens afgewater? Die kerk (2)

image_pdfimage_print

Sermons are dangerous things. None goes out of church as he came in, but either better or worse. —George Herbert

Het ons ons godsdiens afgewater? Die kerk (2)

Daar het die afgelope aantal jare heelwat boeke verskyn waarin gesê word dat die kerk sy boodskap afgewater het. (Michael Horton se  Christless Christianity en David Platt se Follow Me. A call to die; a call to live is goeie voorbeelde hiervan) Ons aanvaar sekere waarhede en bid die sondaar se gebed en glo alles is reg – ons is nou Christene. Maar dit is nie waar nie.

Ons het die nou band tussen Jesus Christus en die kerk gesien. Maar: Wat is die kerk? Meeste mense sal onmiddellik wys na ‘n gebou. Ons gaan kerk toe – na die gebou.

Ons gaan selfs so ver om kerke te klassifiseer volgens die programme wat hulle aanbied. Maar geboue en programme is verbruikersgoedere wat gebruik word om kliënte te lok.

In die Nuwe Testament sien ons nooit dat die kerk as ‘n fisiese gebou beskryf word nie. Ons lees wel dat die kerk van Christus ‘n liggaam is met baie lede – ‘n gesin van broers en susters wat lief is vir mekaar. Die kerk is mense wat Jesus Christus dag vir dag met mekaar deel. Die model is Jesus Christus en sy dissipels – Hy het hulle liefgehad, gedien, onderrig, bemoedig, reggehelp en saam met hulle gereis. Net so moet die volgelinge van Jesus Christus langs mekaar leef. Hulle gee om vir mekaar; hulle het mekaar lief; hulle eer mekaar; hulle onderrig, vergewe, motiveer en bou mekaar op; hulle huil en lag saam … Hierdie is nie die beeld van mense wat na ‘n gebou vol programme kom nie. Dit is eerder die beeld van mense wat besluit het om hulle lewens neer te lê om mekaar lief te hê.

Die kerk is die gemeente van Jesus Christus wat mekaar liefhet en verlang dat hulle in hulle kennis van God sal groei. Die kerk is ‘n gemeenskap, maar ‘n andersoortige gemeenskap. Volgende keer kyk ons daarna.

image_pdfimage_print

You may also like...