Het ons ons godsdiens afgewater? Dissipel wees = dissipels maak

image_pdfimage_print

If there be anything in the church to which you belong which is contrary to the inspired Word, leave that church –  C. H. Spurgeon

Het ons ons godsdiens afgewater? Dissipel wees = dissipels maak

Daar het die afgelope aantal jare heelwat boeke verskyn waarin gesê word dat die kerk sy boodskap afgewater het. (Michael Horton se  Christless Christianity en David Platt se Follow Me. A call to die; a call to live is goeie voorbeelde hiervan) Ons aanvaar sekere waarhede en bid die sondaar se gebed en glo alles is reg – ons is nou Christene. Maar dit is nie waar nie.

Kom saam met My en Ek sal julle vissers van mense maak (Matteus 4:19). Matteus sluit af met: Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels (28:19). Tussen Matteus 4 en 28 het Jesus hierdie dissipels verander, want dit is dieselfde dissipels.

Hy het hulle lewens en denke en verhoudings verander – dissipels word nou dissipelmakers. Hulle gaan nou die goeie nuus van Jesus Christus oor die wêreld versprei. Hulle is nou werklik vissers van mense.

So oortuig was die dissipels dat hierdie opdrag om dissipels te maak baie belangrik was, dat hulle bereid was om hulle lewens vir hierdie taak te gee – mense moes die goeie nuus hoor al moes hulle ‘n duur prys daarvoor betaal het.

En ons? Meeste van ons word gedoop en sit dan gemaklik op een plek. Weet ons nog wat die beteken om dissipels te maak? Is ons nog verantwoordelike vissers van mense? Hierdie oorspronklike dissipels is nie gedwing om dissipels te maak nie – hulle was oortuig dat hulle dit moes doen en niks kon hulle stop om dit te doen nie. En ons?

image_pdfimage_print

You may also like...