Het ons ons godsdiens afgewater? Jesus Christus se gesag

We may easily be too big for God to use, but never too small. —D.L. Moody

Het ons ons godsdiens afgewater? Jesus Christus se gesag

Daar het die afgelope aantal jare heelwat boeke verskyn waarin gesê word dat die kerk sy boodskap afgewater het. (Michael Horton se  Christless Christianity en David Platt se Follow Me. A call to die; a call to live is goeie voorbeelde hiervan) Ons aanvaar sekere waarhede en bid die sondaar se gebed en glo alles is reg – ons is nou Christene. Maar dit is nie waar nie.

Hoe weet ons dat Jesus Christus se woorde wat 2 000 jare gelede geskryf is nog waar is. Intussen het daar tog baie dinge gebeur en dinge het verander.

Die gesag van Jesus Christus se woorde is aan sy opstanding gekoppel. As Hy nie opgestaan het nie, hoef ons nie sy woorde te ernstig op te neem nie. Dan was Hy soos enige ander godsdienstige leermeester.

‘n Ongelooflike hoofstuk is 1 Korintiërs 15 waarin Paulus agtereenvolgens die volgende temas hanteer: Die opstanding van Christus, die opstanding van die dooies en die opstandingsliggaam. Hier skryf Paulus onder andere aan wie Jesus Christus na sy opstanding verskyn het. Ek hou van hierdie aanhaling van Pascal: I believe witnesses who get themselves killed. [Op die webblad is daar artikels oor die bewyse dat Jesus opgestaan het. Ek gaan dit nie hier verder bespreek nie,]

As Jesus Christus dan opgestaan het en die dood oorwin het, moet ons aanvaar wat hy gesê het. Die opstanding bevestig die betroubaarheid en tydloosheid van Jesus Christus se onderrig. Daarom moet ons sy Woord as betroubaar aanvaar.