Hoe kry ek wysheid (9).

Hoe kry ek wysheid (9).

Vereer die Here met offerandes uit wat jy besit en met die beste uit jou oes, dan sal jou skure oorvol wees en jou parskuipe oorloop van die wyn (Spreuke 3:9 – 10).

Vrygewigheid is ‘n teken van wysheid. ‘n Buitengewone liefde vir geld en vertroue in die mag van geld, maak ons blind. Die beste manier om die mag van geld oor ons te breek, is deur baie daarvan weg te gee. Die eerste vrugte van die oes, moes aan God en die armes gegee word, al was jy nog onseker oor die grootte van die oes.

Ons gee nie aan God in ‘n beplande en toegewyde manier nie. Ons wag en doen eers alles wat ons wou gedoen het en gee dan dit wat oorbly aan God. Jesus, daarenteen het nie net dit wat oortollig was gegee nie, maar al sy rykdom en selfs sy eie lewe. Julle ken die genade van ons Here Jesus Christus, hoewel Hy ryk was, het Hy ter wille van julle arm geword, sodat julle deur sy armoede ryk kon word (2 Korintiërs 8:9)

Moet ons nie almal planne beraam om meer van ons inkomste aan die Here te gee nie?

Ons moet die Here vra om ons die beginsel van eerste vrugte toe te pas. Ek moet doelgerig en nie impulsief rykdom weggee nie. Laat ek dit met blymoedigheid doen. Ek moet altyd onthou dat Jesus nie net sy besittings nie, maar ook sy ie bloed gegee het.