Hoe moet ek bid as ek nie daarna voel nie? Wat kan ek by Dawid leer?

 

Sin in this life brings the torments of an accusing conscience, and in the next eternal death. .. These things, unless we are beyond measure stupid, ought to generate in our minds a hatred and horror of sin, and also a love and desire for righteousness. — Johannes Calvyn

 

Hoe moet ek bid as ek nie daarna voel nie? Wat kan ek by Dawid leer?

Lees net weer die psalms. Jy sal gou sien en leer hoe hy gebid het. Die manier hoe hy God gesien en behandel het en hoe hy homself deur God se oë gesien het, sien ons duidelik in sy gebede. As ons meer  soos hy gebid het, sou ons dieselfde nabyheid aan God ondervind het as wat hy gedoen het.

 

Hier is ses eienskappe van Dawid se gebede wat ons met vrug kan navolg.

  1. Opregte eerlikheid

As Dawid met God praat, praat hy diep uit sy hart uit. Hy praat met intense emosie – of dit nou vrees of hartseer of frustrasie is. Hy sensor nie versigtig sy woorde nie – hy praat eerlik en opreg. Maak nie saak wat hy gevoel het nie, hy het dit voor God neergelê – met eerlikheid. Hy voel naby en gemaklik genoeg om dit met God te deel – God was sy beste Vriend. Hy weet dat God alles wat hy op daardie oomblik ondervind, kan hanteer.

Ek wil vir God sê: “My Rots, waarom het U my vergeet? Waarom moet ek gebuk gaan onder die smaad van die vyand? Dit sny deur my hele wese as my teëstanders my spot en dag vir dag vir my sê: “En waar is jou God nou?”

 

  1. Vra met moed

Dawid het dikwels vir God gevra – allerhande dinge. Dit is ‘n lang lys van alles wat Dawid nodig gehad het. En hy huiwer nie om te vra nie – hy het vertroue in wat hy nodig het en wat God vir hom wil gee.

Luister tog, Here na my regverdige saak, let op my hulpgeroep wat ek in alle opregtheid bid … Ek roep U aan, want U sal my antwoord …Toon U wonderlike trou (Psalm 17:1 – 7).

Dawid kon so bid, want hy het geweet dat hy spesiaal vir God is en dat God hom liefgehad het en na hom sou luister. Hy het vertroue gehad dat die Here sou luister.

 

  1. Bevestig God se wese

Dawid vra God om op te tree, maar dikwels voeg hy by dat hy weet dat God die vermoë het om dit te kan doen Hy het vertroue in God se karakter. Dit verander gebede van hopeloosheid en bedel na ‘n siening van vetroue.

Tot U, Here, rig ek my, my God, op U vertrou ek. Laat my vertroue tog nie tevergeefs wees nie … Niemand wat sy verwagting in U stel, sal beskaam word nie (Psalm 25:1 – 3).

 

  1. Loof God

Tussen sy versoeke lees ons van Dawid s liefde vir God deur sy lof. Daar is ‘n eerbied wat Dawid vir God het. Hy het graag hierdie eerbied wat hy gehad het in lof uitgedruk.

Onder die volke wil ek U loof, Here, onder die nasies u lof besing, want u liefde reik tot in die hemel, u trou tot in die wolke (Psalm 57:10 – 11).

Die Here is genadig, vol deernis; sy liefde en trou is oorvloedig; Hy is lankmoedig en vol liefde. Let op dat Dawid nie vir God vra om genadig te wees nie – hy loof Hom net omdat Hy reeds genadig is. Hy glo eenvoudig dat hy vergifnis sal ontvang en loof God daarvoor.

 

  1. Dawid herinner homself

Dawid het natuurlik oomblikke van swakheid en frustrasie beleef. Hy laat egter nie toe dat hierdie emosies bly nie. Hy praat met homself; hy bemoedig sy hart en denke om aan te hou om God te vertrou en te bedank.

Waarom is ek so in vertwyfeling en waarom kerm ek so? Ja, ek sal weer vir die Here ‘n loflied sing. Hy is my helper en my God (Psalm 42:12).

 

  1. Dawid behou hoop

Nie al Dawid se gebede is onmiddellik beantwoord nie. Ons sien dit uit sy stellings dat hy op God wag. Hy gooi nie tou op as niks gebeur nie, maar hy hou aan glo. Hy herinner hom daaraan dat daar altyd hoop is.

Vertrou op die Here! Wees sterk en hou goeie moed! Ja, vertrou op die Here (Psalm 27:14).

Hierdie is volwasse geloof: Dawid verwag dat God sal optree ten spyte van wat hy tans sien.

 

Dawid het geweet dat hy waardevol en vergewe is. Hy het nie gedink hy is trots omdat hy waardevol vir God was nie.  Hy het geweet wie God is en wie hy in God is. Dit maak die  die verskil in hoe hy gebid het. Ons moet ook God se hart en trou teenoor ons erken. Ons moet ook besef dat ons vir Hom waardevol is. Dan weet ons ware gebed is moontlik.