Hoe moet ons gee?

image_pdfimage_print

We may force our Lord to punish us, but we will never have to force Him to love us. That’s His nature. —Thomas Watson

 

Hoe moet ons gee?

Daar word baie gestry oor hoeveel en hoe ons moet gee. Geld die tiendes nog? In Eksodus 35 – 36 lees ons van hoe die mense van Israel hulle offers vir die tabernakel gebring het. Hier is ‘n paar waarnemings van J. D. Greear.

 

  • Hulle gee in reaksie op ‘n inisiatief wat van God af kom.

Dit is nie asof God dit wat hulle gegee het nodig gehad het nie. Die moeilike dele het Hy reeds gedoen – Hy het hulle uit Egipte verlos; Hy gee vir hulle manna in die woestyn. Nou nooi Hy hulle uit om deel te wees aan die bou van die tabernakel.

  • God gebruik dit wat hulle gee om die tabernakel te bou.

God kies om dit wat hulle gee te gebruik. Die werk wat God op aarde doen word altyd deur die gawes van mense gefasiliteer.  God gebruik vyf broodjies en twee vissies om 5 000 mense te voed. ‘n God wat dit kan doen, het tog nie die broodjies en vissies nodig gehad nie.

  • Almal het iets gehad om by te dra

 En elkeen wat daarna gevoel het, het vrywillig ‘n offergawe vir die Here gebring vir die werk aan die tent van ontmoeting (35:20). Daarna lees ons van die bydraes van verskillende soort mense: vroue, kleremakers, ambagsmanne, ens. Almal dra iets by, want God was nie op soek na ‘n paar bydraes van die ryk mense nie – Hy was agter die harte van al sy mense.

  • Jy kan nie gee wat jy nie het nie

Veral in 35:22 – 29 sien ons dat elke persoon gegee het uit wat God vir hom gegee het. Moenie skuldig voel nie: jy kan nie iets gee wat jy nie het nie. God bepaal die seisoene van jou lewe. Jy is verantwoordelik om toegewy te wees volgens die seisoen waarin jy is.

  • Hulle gee in reaksie op genade.

Hulle reageer op God wat hulle uit Egipte verlos het. In Eksodus 34 lees ons ook van God se genade. Ons lees dat Israel ‘n goue kalf gemaak het om te aanbid. God wou daar die volk vernietig het, maar Hy gee genade – Hy skryf selfs weer die tien gebooie vir hulle.  Die geskenke wat hulle gegee het, het hulle ook aan God se genade herinner – baie daarvan is deur die verskrikte Egiptenare  aan hulle gegee toe hulle Egipte verlaat het. Die Israeliete gee aan God slegs wat hulle van Hom ontvang het.

  • Hulle gee vrywillig, maar word ook deur die Gees aangespoor

Elkeen wat daarna gevoel het het vrywillig ‘n offergawe vir die Here gebring. Ons lees egter ook dat die Here het hom toegerus met sy Gees. Nêrens sê Moses vir iemand wat hy moet bring nie. Die Gees sal dit in hulle harte lê wat hulle moet gee.

  • Hulle gee in die openbaar

In Eksodus 35:5 lees ons dat elkeen ‘n offergawe moes bring. Die woord wat hier met offergawe vertaal word beteken eintlik dat jy dit moet bring en in die lug optel sodat almal dit kan sien.

  • Hulle moes ‘n gemeentevergadering hou om die mense te sê om nie meer te gee nie

Moses moes almal bymekaar kry en hulle vra om op te hou gee: Daar was meer as genoeg om al die werk te doen (36:5 – 7).

 

Hier is ‘n paar baie goeie riglyne.

image_pdfimage_print