Hoe reageer ek as God nie optree nie?

When I rise up, let me rise up joyful like a bird.

When I fall let me fall without regret like a leaf.

Wendell Berry.

Hoe reageer ek as God nie optree nie?

Hoe reageer ek as God nie optree nie? As Hy nie my gebede antwoord nie?

  • Lees net weer die gelykenis van die weduwee en die regter (Lukas 18:1 – 8). Die arme weduwee nader herhaaldelik die onregverdige regter – sonder sukses. Later willig hy tog in om haar te help. Die doel van hierdie gelykenis is om dit duidelik te maak dat ‘n mens altyd moet aanhou bid sonder om moedeloos te word. As ‘n onregverdige regter die versoek van ‘n weduwee toestaan net omdat sy nie ophou vra nie, net so sal God aandag gee aan die volgehoue versoeke van sy kinders vir wie Hy liefhet.
  • . Geloof in God is moeilik as dit lyk asof Hy nie ons gebede beantwoord soos ons dit verwag nie. Ons mag nie God se gevoel vir ons herinterpreteer op grond van ons omstandighede nie Die kruis maak dit duidelik hoe God oor ons voel. Die kruis maak dit ook vir ons duidelik dat God soms op onverklaarbare maniere (vir ons) werk. By die kruis lyk dit asof God afwesig is en dat die Bose in beheer is. Nou besef ons dat God in totale beheer was – op daardie oomblik bewerkstellig Hy ons verlossing. Ons moet nooit ophou bid vir God se krag nie, maar uiteindelik berus ons in God se liefde vir ons soos bewys aan die kruis.
  • . You might never really know Jesus in all that you need until He is all that you have (Larry Crabb). Die mate waartoe jy in Jesus bly word gemeet aan jou vermoë om onder alle omstandighede bly te wees. As my blydskap deur my werk, sukses, status, ens bepaal word, bly ek nie werklik in Jesus nie. Wat jou blydskap bepaal, is dit waarin jy bly.