Hoe word ek wys? (1)

image_pdfimage_print

 Hoe word ek wys? (1)

Roep insig by, vra na gesonde begrip.  Soek dit soos jy silwer sou soek, spoor dit op soos ‘n verborge skat. Dan sal jy weet hoe om die Here te dien, sal jy ontdek wat dit is om God te ken. Dit is die Here wat die wysheid gee, uit sy mond kom die kennis en die insig (Spreuke 2:3 – 6)

In Spreuke 2 – 4 lees ons baie van hoe wysheid ontwikkel en in ons groei. Aan die begin word ons met ‘n paradoks gekonfronteer. Wysheid is iets at ons moet soek. Wysheid roep na ons: Wysheid is ‘n vrou wat langs die straat staan en roep, sy laat haar stem hoor op die stadspleine, sy roep bo die rumoer uit, by die ingange van die stadspoorte sê sy wat sy te sê het (Spreuke 1:20 – 21).Daarom moet ons roep vir insig (2;3). Ons teksvers vra vir ‘n groot poging soos om na ‘n verborge skat te soek. Maar uiteindelik is wysheid ‘n gawe van God (2;6). Hierdie idee kry ons dwarsdeur die hele Bybel.: Julle moet julle met eerbied en ontsag daarop toelê om as verloste mense te lewe, want dit is God wat julle gewillig en bekwaam maak om sy wil uit te voer (Filippense 2:12 – 13).

As die najaag van wysheid net van ons afgehang het sal ons angstig gewerk het en uitgebrand het. As God alleen los van ons gewerk het, sou ons geen inisiatief aan di dag gelê het nie. Hierdie paradoks gee aan ons genoeg insentief en genoeg versekering om lewenslank die kennis van God na te jaag.

Jaag jy wysheid na soos jy dit behoort tr doen? Is jy s geduldig soos jy behoort te wees/ God gee wysheid op sy wyse tyd.

Di Here gee aan ons die geleentheid en die begeerte om iets te doen. As ons slaag, moet ons erken dit alles kom van Hom. Maar die Here vereis ons allerbeste poging en so groei ons om meer en meer soos Jesus te wees.

image_pdfimage_print