Hoekom gaan mense nie meer kerk toe nie?

Hoekom gaan mense nie meer kerk toe nie?

Verlede naweek het meeste mense in Suid-Afrika nie kerk toe gegaan nie. Baie van diegene wat wel daar was, het gewens hulle was nie daar nie! Hoekom? Lifetree Cafes het na mense in ‘n park in die VSA gegaan om uit te vind waarom hulle nie kerk toe gegaan het nie.

 

Hulle redes val in vier groepe uiteen:

  • . Buitestanders sê hulle voel soos uitgeworpenes. Een vrou het gesê kerkmense verwerp haar omdat sy rook. Natuurlik is rook ‘n ongesonde gewoonte, maar ons kan tog nie iemand verwerp net omdat hy/sy rook nie.
  • . Dit is nie net oor gedrag waarvan hulle praat nie, maar oor kerkmense wat glo dat hulle al die antwoorde het. Hulle stel net daarin belang om vir ander te sê wat hulle moet doen.
  • . Meeste mense ondervind nie God se teenwoordigheid in die kerk nie. Hulle soek nie die oppervlakkige nietighede wat so baie leraars vandag opdis nie. Hulle wil weet dat God ‘n werklikheid is, dat Hy vandag steeds teenwoordig is en dat Hy steeds aktief betrokke is by mense.

Kerkmense moet ophou praat en ‘n slag luister. Natuurlik kan ons nie ons bediening bou op wat hierdie buitestanders sê nie, maar ons moet altyd ons doel in gedagte hou: om ander in ‘n nabye verhouding met Jesus Christus te bring.

Is dit nie wat Jesus self gedoen het nie? Hy het weggebreek van die gewoontes en roetines van die godsdienstige elite van sy dag. Hy het verhoudings gebou met diegene wat geen sê in die gemeenskap gehad het nie. Die fondament van sy bediening was verhoudings.

Die klink miskien outyds, maar dit is steeds baie doeltreffend – bou verhoudings.