Hoekom laat God tragedies en lyding toe?

image_pdfimage_print

Hoekom laat God tragedies en lyding toe?

Na die onlangse tragedie in Las Vegas is dit ‘’n vraag wat weer algemeen gevra word. Leë Strobel het die vraag probeer antwoord. Hierdie “hoekom” vraag gaan reeds duisende jare terug. Dit is reeds deur Job en die skrywers van die psalms gevra. In ‘’n nasionale meningsopname is die volgende vraag gevra: “As jy net een vraag vir God kan via, wat sal jy vra?’ Die algemeenste antwoord was: “Hoekom is daar lyding in die wêreld?”

 

Jesus het dit voorsien: Dit sê Ek vir julle . sodat julle vrede kan vind in My. In die wêreld sal julle dit moeilik hê; maar hou moed: Ek het die wêreld klaar oorwin (Johannes 16:33). Jesus was eerlik. Strobel sê dat as jy hom vra waarom God die man toegelaat het om so baie mense dood te skiet, kan hy net antwoord: “Ek weet nie.” Ons het nie God se oë en denke om daardie vraag te antwoord nie. 1 Korintiërs 13;12 sê: Nou kyk ons nog in ‘’n dowwe spieël en sien ‘’n raaiselagtige beeld, maar eendag sal ons alles sien soos dit werklik is.  Alles wat ons nou weet is gedeeltelik en onvolledig. Maar eendag sal ons soos God tans alles volledig sien. Net soos God my nou volledig ken.

 

As ons oor spesifieke individuele gebeure vra en wil weet waarom dit gebeur het, sal ons nie die volledige antwoord in hierdie wêreld kry nie.Enige intellektuele reaksie tans is onvolledig. Wat ons nou nodig het, is die werklike en vertroostende teenwoordigheid van Jesus Christus in ons lewens.

 

A ons na die oorkoepelende saak van hoekom God lyding in ons lewens toelaat, verstaan ons nie alles nie, is daar tog sekere dinge wat ons kan verstaan.  Ons sien nie al die perifere besonderhede nie, maar daar is sekere Bybelse waarhede wat seker punte sal illustreer. As ons dit volg, sal dit ons in die regte rigting lei. Dit kan help om ons harte tevrede stel

 

Strobel identifiseer vyf ligpunte wat hom gehelp het.

  1. God is nie die Skepper van die bose en lyding nie

Ons hoor dikwels: Hoekom het God nie ‘’n wêreld gemaak waar lyding en tragedies nie bestaan het nie? Die antwoord is eenvoudig; Hy het. Toe het God gekyk na alles wat Hy gemaak het en dit was baie goed (Genesis 1:31). Maar as God nie lyding en tragedie gemaak het nie, waar het dit vandaan gekom? God bestaan van ewigheid af as Vader, Seun en Heilige Gees in ‘’n verhouding van volmaakte liefde.. Toe God besluit het om mense te maak, wou Hy gehad het ons moet liefde ondervind om aan ons die vermoë te gee om lief te hê, moes Hy aan ons ‘’n vrye wil gegee het. Ons kan nou besluit om lief te hê of nie. Liefde behels altyd ‘’n keuse

 

God het aan ons ‘’n vrye wil gegee, maar die mens het dit misbruik. As ons geprogrammeer was om te sê; Ek het U lief, sou dit nie werklik liefde gewees het nie. Ons het God verwerp. Dit is hoe boosheid die wêreld ingekom het. Almal het gesondig en het nie deel aan die heerlikheid van God nie (Romeine 3:23)

So baie van die wêreld se lyding is die gevolg van ons sondige optrede of gebrek aan optrede. Dit is, is onregverdig om iemand dood te skiet en dat vir God daarvoor te blameer. We have seën the enemy and hê is us.

 

Wat van natuurlike rampe? Hulle is die indirekte gevolg van sonde in die wêreld. Ons weet dat di hele skepping tot nou toe sug in die pyne van verwagting (Romeine 8;22) Die skepping verlang dat dinge reggestel moet word.

 

Kon God dit nie voorsien het nie? Natuurlik het Hy. Maar kyk na ons. Ons kinders kan ons baie seermaak, maar ons het steeds kinders, want hulle kan vir ons baie vreugde, liefde en betekenis bring. God het geweet dat mense teen Hom in opstand sou kom, maar Hy het ook geweet dat baie mense Hom sou volg. Baie sou vir ewig by Hom in die hemel wees. Dit as vi Hom die moeite  werd al het dit die dood van sy Seun gekos.

 

  1. Lyding is nie goed nie, maar God kan dit gebruik om its goed te bereik.

Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet, die wat volgens sy besluit geroep is (Romeine 8:28). Hierdie vers sê nie dat God die bose en lyding veroorsaak nie. Die vers sê ook nie dat ons nou onmiddellik sal sien watter goed sal voortspruit nie. Onthou  Hy maak ook nie die belofte aan almal nie., maar net diegene wat Hom volg. Ons kry ‘’n goeie voorbeeld in die verhaal van Josef. Hy gaan deur lyding – sy broers het hom as slaaf verkoop; hy word in die tronk gegooi nadat hy vals beskuldig is. Na 12 jaar word hy in ‘’n gesagsposisie geplaas waar hy die lewens van sy familie en ander kon red.

 

God kan my lyding gebruik om my na Hom toe te trek, om ander vir Hom te beïnvloed. Hy kan dit op baie maniere doen, maar dan moet ons Hom vertrou en volg.

 

  1. Die dag kom wanneer alle lyding gaan ophou en God alle boosheid gaan oordeel.

Die storie van hierdie wêreld is nog nie oor nie. Die dag sal kom wanneer siekte en pyn uitgewis sal word en mense sal dan aanspreeklik gehou word vir die boosheid wat hulle gepleeg het. Wat hou God dan terug dat HY dit nie sommer nou doen nie. Dalk ons. Hy vertraag alles in afwagting dat party van ons nog Hom sal volg. Die Here stel nie die vervulling van sy belofte uit nie, al dink party mense so. Nee, Hy is geduldig met julle omdat Hy nie wil hê dat iemand verlore moet gaan nie. Hy wil hê dat almal hulle moet bekeer (2 Petrus 3;9).

 

  1. Ons lyding is niks in vergelyking met wat God vir sy volgelinge beplan het nie.

Ons moenie pyn en lyding minimaliseer nie, maar ons moet ook ‘’n langtermyn perspektief hê. Paulus het erg gely in sy lewe. Hy skryf:  ons swaarkry in hierdie lewe is maar gering en gaan verby, maar dit loop vir ons uit op ‘’n heerlikheid wat alles verreweg oortref en wat ewig bly (2 Korintiërs 4:17). Hy skryf ook: Ek is daarvan oortuig dat die lyding wat ons nou moet verduur, nie opweeg teen die heerlikheid wwat God vir ons in die toekoms sal laat aanbreek nie (Romeine 8:18)

 

Ons moenie die werklikheid van pyn en lyding ontken nie Dit is moeilik,

 

  1. Ons besluit self of ons bitter wil wees of ons na God gaan draai vir vrede en moed.

Ons almal het voorbeelde gesien waar dieselfde lyding die een persoon bitter maak – Hy verwerp vir God en word hard en kwaad – terwyl ‘’n ander persoon na God toe draai en meer liefdevol en teer word – hy reik met deernis uit na ander wat swaarkry.. Nie ons almal trek voordeel uit lyding nie, maar dit hang van ons af – van ons vrye wil.

 

God se antwoord vir lyding is nie ‘’n verduideliking nie, maar sy Seun wat mens geword het. Lyding is ‘’n persoonlike probleem en vereis ‘’n persoonlike reaksie. God is nie afgeleë en ongeïnteresseerd nie. Hy het na ons wêreld gekom en persoonlik ons pyn verduur Hy het hartseer geken. Hy is verraai Hy is verwerp.

 

As lyding kom soos dit sa kom,l as jy stry met pyn , soos jy sal en as jy kies om na sy arms te kom, sal jy vrede kry om die huidige te hanteer, jy sal moed kry om jou toekoms te hanteer en jy sal die belofte van die ewige lewe kry.

Hierdie brief skrywe ek vir julle, sodat julle kan weet dat julle die ewige lewe het, julle wat in die Seun van God glo (1 Johannes 5:13)

 

image_pdfimage_print