Huwelik tussen neef en niggie – Francois Malan

image_pdfimage_print

Leser vra:

My broer en ons niggie het op 50 en 52 sielsgenote geword. My niggie se man is oorlede 2007 en my broer lankal geskei. Dis nie dat hulle kinders gaan he nie, beide het al klaar kinders gehad. Van die familie wil graag n wig steek in die mooi verhouding. Wat se antwoorde kan ek gee vir hulle?

Antwoord

Prof Francois Malan antwoord:

Volgens ons landswet is daar niks teen ’n huwelik tussen neef en niggie nie. Die lys van verbode huwelike volg eintlik Levitikus 18:7-20 wat nie ’n huwelik tussen neef en niggie verbied nie. Geneties kan daar probleme met die kinders uit so’n huwelik kom, maar jou broer en niggie is al oor die ouderdom van kinders kry.

Wat ’n tweede huwelik betref het Paulus ’n aanwysing aan ’n weduwee in 1 Korinthiërs 7:39: ‘’n Vrou bly aan haar man verbind solank as wat hy leef, maar as haar man ontslaap het, staan dit haar vry om te trou met wie sy wil, maar slegs as dit in verbondenheid aan die Here is.’

Dit beteken dat die twee wat trou moet in die Here Jesus glo as God, wat vir ons sonde gesterf het en uit die dood opgestaan het, sodat ons saam met Hom vir God kan lewe. Want die Here wil hê dat die verhouding tussen man en vrou in die huwelik ’n liefdesverhouding moet wees wat ’n getuienis sal wees van Jesus se liefde vir ons. In Efesiërs 5:30-33 sê Paulus: ‘Ons is immers lede van Christus se liggaam, die kerk. Om hierdie rede sal ’n man sy pa en ma verlaat en hom aan sy vrou verbind – en hulle twee sal een liggaam wees. Hierdie geheimenis (die eenheid tussen man en vrou) is groot; en ek sê dit met verwysing na (die liefdesband tussen) Christus en sy kerk. Maar dit geld ook vir een en almal van julle: Elkeen moet sy eie vrou liefhê soos hy homself liefhet; en die vrou moet haar man eer.’

Skrywer Prof Francois Malan

image_pdfimage_print

You may also like...