In Christus alleen

image_pdfimage_print

In Christus alleen

Is die vyf sola’s deel van die Bybel? John Piper het ‘n nuwe boek hieroor geskryf. Vandag kyk ons na in Christus alleen. Daar is geen ander Naam op die aarde aan die mense gegee, waardeur God wil dat ons verlos moet word nie (Handelinge 4:12). Mohammed of Boeddha of Maria of die pous gaan ons nie verlos nie. Hierdie waarheid onderskei die Christelike geloof van alle ander gelowe. Jesus alleen, die kruis alleen en vir sy heerlikheid alleen. Kom ons kyk na ‘n paar sleutelverse:

  • Romeine 8:1 – 3: Daar is dus nou geen veroordeling vir dié wat in Christus Jesus is nie. Die wet van die Gees wat aan jou in Christus Jesus die lewe gee het jou vrygemaak van die wet van sonde en dood. Wat die wet nie by magte was om te don nie, omdat dit weens ons sondige natuur te swak was, dit het God gedoen. Hy het met die sonde afgereken deur sy eie Seun in dieselfde gestalte as die sondige mens te stuur; so het Hy die sonde in die sondige bestaan van die mens veroordeel.
  • 2 Korintiërs 5:21: Christus was sonder sonde, maar God het Hom in ons plek as sondaar behandel sodat ons, deur ons eenheid met Christus deur God vrygespreek kan word.
  • Galasiërs 2;21: As ‘n mens vrygespreek kon word op grond daarvan dat hy die wet onderhou, sou dit immers beteken dat Christus verniet gesterwe het.
  • Galasiërs 5;2 – 4: Christus het ons vrygemaak om werklik vry te wees. Staan dan vas in hierdie vryheid en moet julle nie weer onder ‘n slawejuk laat indruk nie. Kyk, ek, Paulus, sê vir julle As julle julle laat besny, sal Christus vir julle geen betekenis hê nie. Ek sê dit weer nadruklik vir elkeen wat hom laat besny: Hy is verplig om die hele wet van Moses te onderhou. Julle wat van julle sonde vrygespreek wil word deur die wet te onderhou, julle het julle band met Christus verbreek, julle het die genade van God verbeur.

 

Die Hervormers was mense gevorm deur die boek. Hulle het die boek bestudeer en so baie noodsaaklike waarhede (her)ontdek. Dit is duidelik dat hierdie sola:, in Christus alleen, duidelik Bybels gefundeerd was

 

 

 

M

 

image_pdfimage_print