Individualisme teenoor individualiteit

image_pdfimage_print

It is not hard to deceive ministers, relatives and friends. But it is impossible to deceive Christ. —J.C. Ryle

Individualisme teenoor individualiteit

Wat is die verskil? J. I Packer sê dat die evangelie individualiteit bevorder. Wat bedoel hy daarmee?  In ons huidige besluite wat ons ewigheidsbestemming bepaal, staan ons alleen voor God. – niemand kan daardie besluite vir iemand anders neem nie; niemand kan die koninkryk van God binnegaan deur aan iemand anders vas te klou nie

Individualiteit wat bestaan uit ‘n verantwoordelikheid om na God te beweeg en daar jou identiteit te kry, is ‘n Christelike deug wat lei tot wyse en deurdagte gedrag. Dit is noodsaaklik vir ‘n volwasse lewe in Christus – vir geestelike groei.

Dit het niks met individualisme te doen nie. Individualisme is ‘n trotse onwilligheid om ‘n plek in ‘n span in te neem en gebonde te wees aan die konsensus van die groep. Die evangelie verdoem individualisme omdat dit die lewe van die familie van God ontwrig. Hierdie is die nuwe familie wat God besig is om op elke plek waar individuele Christene betrokke is, te bou.  Hierdie familie is gebou op die fondament van liefde. Dit moet die doel van elke gemeente wees. Individualisme moet met wedersydse respek oorwin word.

image_pdfimage_print